1934
jaar
1934 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1929 | 1930 | 1931 | 1932 | 1933 | ◄ 1934 ► | 1935 | 1936 | 1937 | 1938 | 1939 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1934 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Marie Curie | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1934 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 34ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
wysig- 10 Januarie – Teregstelling van Marinus van der Lubbe wat die Reichstag op 27 Februarie die vorige jaar aan die brand gesteek het.
- 17 Januarie – Jacobus Jonker, ’n delwer op die plaas Elandsfontein naby Pretoria, vind die vierde grootste diamant tot nog toe (ongeslyp 726 karaat), die Jonker-diamant.
- 29 Januarie – Oos-Londen se Afrikaanse gemeenskap kry sy eie hoërskool, die Hoërskool Grens.
- 1 Februarie – Suid-Afrikaanse Lugdiens, Suid-Afrika se nasionale lugredery, kom tot stand.
- 1 Maart – Mantsjoerye word Mantsjoekwo, 'n Japanese vasalstaat.
- 6 April – Rudyard Kipling en William Butler Yeats ontvang die Gothenburg-prys vir digkuns.
- 23 Mei – FBI-agente skiet die bankrowers Bonnie en Clyde naby hulle wegkruipplek in Black Lake, Louisiana.
- 27 Mei-10 Junie – Die tweede FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi word in Italië gespeel, wat deur dié land gewen word.
- 9 Junie - Donald Duck het sy nooiensoptrede in Silly Symphony se tekenprent The Wise Little Hen.
- 30 Junie – Nag van die lang messe (Duits: Nacht der langen Messer)- Nazis vermoor die leierskap van die Sturmabteilung.
- 25 Julie – Oostenrykse Nazis vermoor kanselier Engelbert Dollfuss gedurende 'n mislukte staatsgreep.
- 2 Augustus – Adolf Hitler word die leier van Duitsland.
- 21 September – Tifoon in Honshu, Japan – 4000 sterftes.
- 16 Oktober – Die Lang mars van die Chinese kommuniste begin.
- 13 November – Die Italiaanse regering bepaal dat onderwysers 'n militêre uniform of partyuniform in klaskamers moet dra.
- 1 Desember – Die Groot Suiwering begin in Rusland.
- 27 Desember – Persië se naam word na Iran verander.
Geboortes
wysig- onbekend – Chen Pao-pei, Olimpiese vrouetafeltennisspeler uit Taiwan († 1975).
- 7 Januarie – Hendrik Witbooi, Namibiese politikus en die sewende kaptein van die ǀKhowesin-stam († 2009).
- 11 Januarie – Jean Chrétien, politikus, 20ste premier van Kanada.
- 11 Januarie – Mitchell Ryan, Amerikaanse akteur († 2022).
- 20 Januarie – Hennie Aucamp, Afrikaanse skrywer († 2014).
- 7 Februarie – Rona Rupert, Afrikaanse kinderboekskrywer († 1995).
- 15 Februarie – Tjaart van der Walt, rektor van die Potchefstroomse Universiteit († 2019).
- 9 Maart – Joeri Gagarin, Russiese ruimtevaarder en die eerste mens wat om die aarde gewentel het († 1968).
- 14 Maart – Eugene Cernan, Amerikaanse ruimtevaarder († 2017).
- 22 Maart – Orrin Hatch, Amerikaanse senator en komponis († 2022).
- 23 Maart – Martin Pelser, Springbokrugbyspeler († 2018).
- 31 Maart – Richard Chamberlain, Amerikaanse akteur.
- 2 April – Brian Glover, Britse akteur, skrywer en stoeier. († 1997).
- 3 April – Jane Goodall, Britse dierkundige.
- 6 April – Willie Toweel, Suid-Afrikaanse bokskampioen († 2017).
- 24 April – Shirley MacLaine, Amerikaanse aktrise en outeur.
- 26 April – Alan Arkin, Amerikaanse akteur.
- 8 Mei – Nelie Smith, Suid-Afrika se een-en-dertigste Springbokkaptein († 2016).
- 8 Mei – Sibusiso Bengu, Suid-Afrikaanse Minister van Onderwys in die kabinet van Nelson Mandela.
- 18 Mei – Dwayne Hickman, Amerikaanse akteur en regisseur († 2022).
- 26 Mei – Dullah Omar, Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis, prokureur en kabinetsminister († 2004).
- 30 Mei – Aleksei Leonof, Sowjetse ruimtevaarder en eerste mens wat 'n ruimtewandeling uitgevoer het († 2019).
- 14 Junie – Mieke Telkamp, Nederlandse sangeres († 2016).
- 18 Junie – Wilf Rosenburg, Springbokrugbyspeler († 2019).
- 21 Junie – Wulf Kirsten, Duitse digter, skrywer en uitgewer.
- 14 Julie – PG du Plessis, Afrikaanse skrywer († 2017).
- 4 Augustus – Rutger Kopland, Nederlandse digter († 2012).
- 5 Augustus – Cammie King, Amerikaanse aktrise († 2010).
- 8 Augustus – Sam Nzima, Suid-Afrikaanse fotojoernalis († 2018).
- 9 Augustus – Graeme Gibson, Kanadese skrywer († 2019).
- 31 Augustus – Raymond Buckland, Brits-gebore Amerikaanse skrywer († 2017).
- 17 September – Marlene le Roux, bekroonde Afrikaanse skrywer van jeugverhale.
- 21 September – Leonard Cohen, Kanadese sanger, liedjieskrywer, musikant, digter en romanskrywer († 2016).
- 28 September – Brigitte Bardot, Franse aktrise, fotomodel, sangeres en aktivis vir diereregte.
- 8 Oktober – Kader Asmal, Suid-Afrikaanse kabinetsminister († 2011).
- 18 Oktober – Inger Stevens, Amerikaanse aktrise († 1970).
- 7 November – Wille Martin, Afrikaanse skryfster († 2016).
- 9 November – Carl Sagan, Amerikaanse sterrekundige, astrofisikus, kosmoloog en skrywer († 1996).
- 13 November – Garry Marshall, Amerikaanse akteur († 2016).
- 24 November – Alfred Schnittke, Sowjet-Duitse komponis († 1998).
- 9 Desember – Judi Dench, Britse aktrise.
- 26 Desember – Matt Zimmerman, Kanadese akteur († 2022).
- Onbekend – Khaled al-Asaad, Siriese argeoloog († 2015).
Sterftes
wysig- 23 Februarie – Edward Elgar, Engelse komponis (* 1857).
- 3 Maart – Norman O'Neill, Britse dirigent en komponis (* 1875).
- 27 Maart – Francis William Reitz, President van die Vrystaat (* 1844).
- 20 Junie – Thorne Smith, Amerikaanse skrywer (* 1892).
- 26 Junie – Sir Godfrey Lagden KCMG KBE, 'n Britse koloniale administrateur in Afrika (* 1851).
- 27 Junie – Isidoor Teirlinck, Vlaamse skrywer (* 1851).
- 1 Julie – Ernst Röhm, die leier van die Sturmabteilung (SA) van die Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty (* 1887).
- 4 Julie – Marie Curie, Poolse wetenskaplike en ontvanger van die Nobelprys vir Chemie, 1911 en Fisika, 1903 (* 1867).
- 13 September – Sam Allen, Amerikaanse akteur (* 1861).
- 15 Oktober – Sydney Charles Buxton, Britse politikus en tweede Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1914–1920) (* 1853).