22 Julie
datum
<< | Julie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
22 Julie is die 203de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (204de in skrikkeljare). Daar volg nog 162 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 260 – Pous Dionisius volg Pous Sixtus II op.
- 1183 – Pous Lucius III kom in Verona aan vir samesprekings met keiser Frederik I Barbarossa.
- 1499 – Swabiese oorlog: Veldslag van Dornach (naby Solothurn). Die troepe van die Switserse Bondgenootskap seevier oor die Oostenrykers.
- 1567 – Alessandro Ottaviano de' Medici (later Pous Leo XI) word priester.
- 1697 – Pous Innocentius XII stel ses nuwe kardinale aan, waaronder Luiz de Sousa, aartbiskop van Lissabon.
- 1814 – Annibale Sermattei della Genga (later Pous Leo XII) dra Pous Pius VII se gelukwensing oor aan koning Lodewyk XVIII met sy heraanstelling na die val van Napoleon.
- 1844 – Pous Gregorius XVI stel vyf nuwe kardinale aan, waaronder Domenico Carafa della Spina di Traetto, aartsbiskop van Benevento.
- 1848 – Harry Smith verklaar Andries Pretorius tot rebel.
- 1933 – Wiley Post word die eerste vlieënier om alleen met 'n vastevlerkvliegtuig om die wêreld te vlieg.
- 1944 – Stigting van die Internasionale Monetêre Fonds.
- 1946 – 'n Irgun-bom vernietig die hoofkantoor van die Britse administrasie van Israel by die King David Hotel in Jerusalem, met 90 sterftes tot gevolg.
- 1950 – Die Belgiese koning Leopold III keer te midde van betogings uit ballingskap terug om weer die troon te bestyg.
- 1962 – Mariner-program: Mariner 1 word lanseer.
- 1991 – Die reeksmoordenaar, Jeffrey Dahmer, word in hegtenis geneem nadat oorblyfsels van 11 mans en seuns in sy woonstel gevind is.
- 1994 – Die laaste stukke van die komeet Shoemaker-Levy 9 tref Jupiter.
- 2003 – Die Amerikaanse magte val 'n kamp aan in Mosoel, Irak en dood Saddam Hoessein se seuns Uday en Qusay.
Geboortes
wysig- 1892 – Arthur Seyss-Inquart, 'n Oostenrykse Nazi-politikus († 1946).
- 1895 – Hans Rosbaud, Oostenrykse dirigent († 1962).
- 1899 – Sobhuza II, Paramount Chief (Opperhoofman) van Swaziland, later koning van Swaziland († 1982).
- 1903 – Jan de Klerk, ’n Suid-Afrikaanse politikus (* 1979).
- 1907 – Phillips Holmes, Amerikaanse akteur († 1942).
- 1940 – Vera Tschechowa, Duitse aktrise († 2024).
- 1946 – Mireille Mathieu, Franse sangeres.
- 1947 – Bles Bridges, Suid-Afrikaanse minnesanger († 2000).
- 1952 – Lucas Maree, Afrikaanse sanger en liedjieskrywer († 2011).
- 1955 – Willem Dafoe, Amerikaanse akteur.
- 1966 – Maria Olsen, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 1974 – Franka Potente, Duitse aktrise.
- 1983 – Sharni Vinson, Australiese aktrise.
- 1988 – Lisa Tomaschewsky, Duitse aktrise en model.
- 1992 – Selena Gomez, Amerikaanse aktrise en sangeres.
- 1998 – Madison Pettis, Amerikaanse aktrise.
- 2013 – Prins George van Wallis, seun van William, Prins van Wallis en 'n Britse troonopvolger.
Sterftes
wysig- 1676 – Pous Clemens X, 239ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1670 tot 1676 (* 1590).
- 1832 – Napoleon II, seun van Napoleon I, tweede keiser van Frankryk (* 1811).
- 1870 – Josef Strauss, Oostenrykse komponis (* 1827).
- 1932 – Reginald Fessenden, die eerste persoon wat mensestemme deur radiogolwe oorgedra het (* 1866).
- 1969 – Bertha Solomon, Suid-Afrikaanse feminis en Volksraadslid vir Jeppes van 1938 tot 1958 (* 1892).
- 1991 – Albert Wessels, Suid-Afrikaanse nyweraar en stigter van Toyota Suid-Afrika (* 1908).
- 2008 – Estelle Getty, Amerikaanse aktrise (* 1923).
- 2013 – Dennis Farina, Amerikaanse akteur (* 1944).
- 2015 – Johan Degenaar, Suid-Afrikaanse filosoof en teoloog (* 1926).
- 2019 – Li Peng, Chinese politikus, bekend as die 'Slagter van Beijing' vir sy rol in die Tiananmen-plein bloedbad (* 1928).
Vakansies, vierings, en gedenkdae
wysig- Pi-benaderingsdag, aangesien 22⁄7 die waarde van π (pi) benader.
- Feesdag van Maria Magdalena.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 22 July. |