iSimangaliso-vleilandpark
Die iSimangaliso-vleilandpark is geleë in KwaZulu-Natal aan die ooskus van Suid-Afrika. Die park strek vir 220 km vanaf Maphelane, naby St. Lucia, KwaZulu-Natal, tot by die Mosambiekse grens naby Kosibaai.[1] Die park bestaan uit 13 afsonderlike maar aangrensende bewaringsgebiede met 'n totale oppervlak van 240 000 ha, waarvan 84 000 ha mariene bewaringsgebiede is.[2]
iSimangaliso-vleilandpark | |
---|---|
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Naaste dorp | Durban |
Koördinate: 28°0′0″S 32°30′0″O / 28.00000°S 32.50000°O | |
Oppervlak | 3 280 km² |
Openingsjaar | 1895 |
Bestuursliggaam | iSimangaliso Authority |
Webblad | iSimangaliso-vleilandpark |
Die iSimangaliso-vleilandpark was voorheen bekend as die Groter St. Lucia-vleilandpark en is in 1999 deur die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (Unesco) tot wêrelderfenisgebied verklaar.
Die aangrensende bewaringsgebiede is:
- St. Luciameer
- St. Lucia wildreservaat
- Valsbaaipark
- Kosibaai
- Etrzameer natuurreservaat
- Sibayameer
- St. Lucia marienereservaat
- St. Lucia mariene-toevlugsoord
- Sodwanabaai Nasionale Park
- Mapelane natuurreservaat
- Maputaland marienereservaat
- Kaap Vidal
- Ozabeni
- Mfabeni
- Tewate wildernisarea
- Mkhuze-wildreservaat
Lees ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ (en) iSimangaliso Wetland Park Geargiveer 23 Februarie 2009 op Wayback Machine, Besoek op 31 Mei 2012
- ↑ (en) UNESCO World Heritage List, iSimangaliso Wetland Park, Besoek op 31 Mei 2012
Eksterne Skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met ISimangaliso Wetland Park. |