Internasionale eendagwedstryd

'n Internasionale eendagwedstryd (Engels: One Day International, afgekort ODI ) is 'n tipe krieketwedstryd waar twee internasionale spanne op een dag 'n beperkte aantal boulbeurte speel (gewoonlik 50 elk). Beide die Kampioenetrofee en die Krieketwêreldbeker word in hierdie formaat gespeel. Die mees onlangse Krieketwêreldbeker 2023 is in Indië aangebied en deur Australië gewen. In Afrikaans word die afkorting EDI (Een Dag Internasionaal) gebruik om na internasionale eendagwedstryde te verwys.

'n Internasionale eendagwedstryd tussen Australië en Indië in Melbourne
'n Wit krieketbal, gebruik vir verkorte krieketvorme soos EDIs, T20 en wedstryde wat snags onder spreiligte gespeel word

Internasionale eendagwedstryde is in die laat twintigste eeu ontwikkel. Die eerste EDI is op 5 Januarie 1971 tussen Australië en Engeland op die Melbourne-krieketveld beslis. Nadat die eerste drie dae uitgereën het, het wedstrydbeamptes besluit om die toets af te las en eerder 'n eendagwedstryd van 40 agt-bal boulbeurte te speel. Australië het die wedstryd met vyf paaltjies gewen.

Op die oomblik het 20 lande EDI-status en kan daarom aan EDI-wedstryde deelneem. Dit sluit al die lande wat toetskrieket speel in, sowel as lande wat tydelike EDI-status van die Internasionale Krieketraad ontvang het. Die doel van tydelike status is om opkomende krieketlande die geleentheid te gun om teen die toplande mee te ding.

Spanne met EDI-status

wysig

Lande met permanente EDI-status

wysig
 
Lidlande van die Internasionale Krieketraad (IKR) volgens status:

   Volle lidlande met toetsstatus (12)

   Geassosieerde lede met EDI-status (8)

   Geassosieerde lede (86)

   Voormalige of opgeskorte lede (8)

   Nielede (23)

Die twaalf lande met permanente EDI-status is (hul eerste EDI-wedstryd in hakkies):

  1.   Australië (sedert 5 Januarie 1971)
  2.   Engeland (sedert 5 Januarie 1971)
  3.   Nieu-Seeland (sedert 11 Februarie 1973)
  4.   Pakistan (sedert 11 Februarie 1973)
  5.   Wes-Indië (sedert 5 September 1973)
  6.   Indië (sedert 13 Julie 1974)
  7.   Sri Lanka (sedert 13 Februarie 1982)
  8.   Suid-Afrika (sedert 10 November 1991)
  9.   Zimbabwe (sedert 25 Oktober 1992)
  10.   Bangladesj (sedert 10 Oktober 1997)
  11.   Afghanistan (sedert 5 Desember 2017)
  12.   Ierland (sedert 5 Desember 2017)

Lande met 'n tydelike EDI-status

wysig

Die agt lande met 'n tydelike EDI-status is:

  •   Skotland (sedert 27 Junie 2006, tot en met Krieketwêreldbekerkwalifisering 2026)
  •   Verenigde Arabiese Emirate (sedert 1 Februarie 2014, tot en met Krieketwêreldbekerkwalifisering 2026)
  •   Nepal (sedert 1 Augustus 2018, tot en met Krieketwêreldbekerkwalifisering 2026)
  •   Nederland (sedert 1 Augustus 2018, tot en met Krieketwêreldbekerkwalifisering 2026)
  •   Namibië (sedert 27 April 2019, tot en met Krieketwêreldbekerkwalifisering 2026)
  •   Oman (sedert 27 April 2019, tot en met Krieketwêreldbekerkwalifisering 2026)
  •   Verenigde State (sedert 27 April 2019, tot en met Krieketwêreldbekerkwalifisering 2026)
  •   Kanada (sedert 27 Maart 2023, tot en met Krieketwêreldbekerkwalifisering 2026)

Bevorder

wysig

Gerelegeer

wysig

Lande met 'n voormalige EDI-status

wysig

Lande kan hulle EDI-status verloor deur swak prestasies by die Wêreldbeker vir B-lande of deur 'n besluit van die IKR. Daar is ook lande wat tydelike EDI-status verkry het om aan 'n bepaalde toernooi deel te neem.

  •   Kenia (van 10 Oktober 1997 tot 30 Januarie 2014)
  •   Kanada (van 16 Mei 2006 tot 28 Januarie 2014)
  •   Bermuda (van 17 Mei 2006 tot 8 April 2009)
  •   Ierland (van 13 Junie 2006 tot einde 2017)
  •   Nederland (van 4 Julie 2006 tot 28 Januarie 2014)
  •   Afghanistan (van 19 April 2009 tot tot einde 2017)
  •   Hongkong (sedert 1 Mei 2014, tot en met Krieketwêreldbekerkwalifisering 2022)

Spesiale EDI-status

wysig

Soms kan die EDI-status deur die IKR ook vir spesiale geleenthede soos krieketwêreldbekers of kontinentale bekers toegeken word: