Augusto Roa Bastos
Augusto Roa Bastos | |
---|---|
Gebore | 13 Junie 1917 Iturbe, Paraguay |
Sterf | 26 April 2005 (op 87) |
Nasionaliteit | Paraguay |
Beroep | Skrywer, joernalis, professor |
Bekend vir | Hijo de hombre Yo el Supremo |
Handtekening | |
Augusto Roa Bastos (* 13 Junie 1917 in Iturbe; † 26 April 2005 in Asunción) word as die belangrikste romanskrywer van Paraguay beskou en is naas Gabriel García Márquez en Mario Vargas Llosa ook een van die mees befaamde skrywers in Suid-Amerika. Hy is die seun van 'n Franko-Brasilianer en 'n Guarani-Indiaanse. Weens 'n burgeroorlog gaan hy van 1947 tot 1989 in ballingskap na Buenos Aires (Argentinië). Vanaf 1976 is hy professor in Latyn-Amerikaanse Letterkunde aan die Universiteit van Toulouse, Frankryk. 1982 word hy deur die diktator Alfredo Stroessner van sy Paraguayaanse burgerskap ontneem en kry dit eers kort ná Stroessner se dood weer terug.
Sy bekendste werke, wat wêreldfaam geniet, is Yo, el Supremo ("Ek, die Almagtige", 1974) – die beste Latyns-Amerikaanse roman oor diktatore – en Hijo de Hombre ("Menseseun", 1960).
1989 word die belangrikste literêre prys van die Spaanstalige letterkunde, die Premio Cervantes, aan hom toegeken.
Bibliografie
[wysig | wysig bron]- 1942 – El Ruiseñor de la Aurora, y otros poemas
- 1947–1949 – El naranjal ardiente, nocturno paraguayo
- 1950 – El fiscal
- 1960 – Hijo de Hombre (Menseseun)
- 1974 – Yo, el Supremo (Ek, die Almagtige)
- 1979 – Lucha hasta el Alba
- 1992 – Vigilia del Almirante
- 1996 – Madama Sui
- 1953 – El Trueno entre las Hojas
- 1967 – Los Pies sobre el Agua
- 1969 – Moriencia
- 1972 – Cuerpo presente, y otros textos
- 1974 – El Pollito de Fuego
- 1974 – Los Congresos
- 1976 – El Somnámbulo
- 1979 – Los Juegos
- 1980 – Antología personal
- 1984 – Contar un Cuento, y otros relatos
- 1989 – On Modern Latin American Fiction
- 1996 – Metaforismos
Bronne en verdere leesstof
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Augusto Roa Bastos. |