Emgee Pretorius
Voorkoms
Emgee Pretorius | |
Geboorte | 30 November 1923 Suid-Afrika |
---|---|
Sterfte | 1 Mei 2007 (op 83) Pretoria, Suid-Afrika |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaans |
Beroep(e) | Akteur |
Aktiewe jare | 1945-2004 |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Emgee Pretorius (1923–2007) was 'n Afrikaanse akteur. Hy was 'n bekende gesig op Suid-Afrikaanse televisie en het hoofrolle in TV-reekse soos Nommer asseblief (as De Jongh), Vyfster (as Priester) en Koöperasiestories (as Veldsman) vertolk.
Pretorius begin sy professionele loopbaan in 1945 in The Merry Wives of Windsor, waarna hy by Andre Huegenot se geselskap aansluit en tot 1947 deur Suid-Afrika toer. Vanaf 1948 tot die einde van 1952 tree hy saam met Suid-Afrika se Nasionale Teater op, waarna by die vermaaklikheidswêreld verlaat. Hy tree weer in 1979 toe om 'n belangrike rol in Afrikaanse TV-reekse te speel.[1]
Pretorius is op 1 Mei 2007 op 83-jarige ouderdom in die Wilgers-hospitaal in Pretoria weens 'n hartaanval oorlede.
Filmografie
[wysig | wysig bron]- Dryfsand, 'n kykNET-drama.
- Der weisse Afrikaner, 2004 (TV-fliek) as Lombaard
- Drum, 2004 as Johan Snyman
- Stander, 2003 as die trouregter
- Grondbaronne, 1993 (TV-reeks)
- Nag van die negentiende, 1992
- Liewe Hemel, Genis!, 1986 as Veldsman
- Vyfster: Die Slot, 1985 as Priester
- Skollie, 1984 as Priester
- Vyfster, 1984 (TV-reeks) as Priester
- Koöperasiestories, 1983 (TV-reeks) as Veldsman
- Nommer asseblief, 1979 (TV-reeks) as De Jongh
- Die wildsboudjie, 1946
- Sterretjie
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Who's Who SA Geargiveer 26 April 2020 op Wayback Machine, besoek op 5 Mei 2012