Falmer-stadion
Voorkoms
Falmer-stadion | ||
Nagaansig van die stadion
| ||
Bynaam | Die Amex | |
---|---|---|
Volle naam | American Express Gemeenskapstadion | |
Ligging | Falmer, Brighton, Engeland | |
Koördinate | 50°51′42.56″N 0°4′59.80″W / 50.8618222°N 0.0832778°W | |
Eienaar | Brighton & Hove Albion | |
Operateur | Brighton & Hove Albion | |
Kapasiteit | 30 750 | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Gebou | Desember 2008 | |
Geopen | Julie 2011 | |
Uitgebrei | 2012, 2013 | |
Boukoste | ₤93 miljoen | |
Argitek | KSS Ontwerpgroep | |
Hoofkontrakteurs | Buckinghamgroep | |
Huurders | ||
Brighton & Hove Albion F.C. |
Falmer-stadion (ook bekend as American Express Gemeenskapstadion of Die Amex weens borgskapredes) is ’n sokkerstadion naby Falmer in Brighton en Hove, Engeland met sitplek vir 30 750 mense. Dit is die tuisveld van Brighton & Hove Albion. Die stadion is op 31 Mei 2011 aan die eienaars oorhandig. Die eerste wedstryd wat in die stadion gespeel is, was die laaste seisoenwedstryd van die Sussex Seniorbeker van die 2010-’11 tussen Brighton en Eastbourne Borough op 16 Julie 2011.[1]
In September 2015 is twee wedstryde van die Rugbywêreldbeker 2015 in die stadion gespeel.[2] As oefenlopie voor die wêreldbeker is die wedstryd tussen die o/20-spanne van Frankryk en Engeland, as deel van die Sesnasies o/20-kampioenskap in die stadion gespeel.
Fotogalery
[wysig | wysig bron]-
Lugbeeld van die Falmer-stadion
-
Die eerste Ligawedstryd in dié stadion
Wedstryde
[wysig | wysig bron]Rugbywêreldbeker 2015
[wysig | wysig bron]- Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 2015.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
19 September 2015 | 16:45 | Suid-Afrika | 32–34 | Japan | Groep B | 29 290 |
20 September 2015 | 12:00 | Samoa | 25–16 | Verenigde State | Groep B | 29 178 |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Sussex FA". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2011. Besoek op 31 Mei 2011.
- ↑ "Olimpiese stadion bevestik op Rugbywêreldbeker 2015-kortlys". BBC Sport (in Engels). 8 Oktober 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2014. Besoek op 9 Oktober 2012.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Falmer-stadion.
- (en) Amptelike webwerf Geargiveer 9 April 2014 op Wayback Machine