in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Filum , of ook stam , is 'n woord wat gebruik word in die wetenskaplike klassifikasiestelsel om alle lewendige wesens te klassifiseer. Die oorspronklik Griekse woord (φῦλον, phulon , stam) is aangepas van die familiegroepgebaseerde phylai , Griekse stemgroepe in destydse stadstate. Die filum verteenwoordig die hoogste groepering van organismes . Dit word egter wel soms voorafgegaan deur superfilums .
Daar is ongeveer 35 filums, waarvan nege die oorgrote meerderheid spesies bevat. Talle filums kom uitsluitlik in seewater voor, en net een filum kom glad nie in die wêreld se oseane voor nie: die Onychophora of fluweelwurms. Die bekendste dierefilums is die weekdiere , stekelselliges , platwurms , rondewurms , gesegmenteerde wurms , geleedpotiges , en spinaalkoordiges , die filum waaraan die mens behoort.
Filum
Betekenis
Volksnaam
Onderskeidende kenmerke
Spesies bekend
Acanthocephala
Doringkoppe
Doringkopwurms
Omdopbare stekelrige steeksnuit
ongeveer 850
Acoelomorpha
Sonder derms
—
Geen mond of spysverteringskanaal
Annelida
Ringetjies
Gesegmenteerde wurms
Veelvuldige sirkelvormige segmente
ongeveer 15 000
Arthropoda
Gelede pote
Geleedpotiges
Chitien eksoskelet
meer as 1 134 000
Brachiopoda
Armpotiges
Lampskulpe
Langgerekte strukture of "arms"
tussen 300 en 500 nog bestaande
Bryozoa
Mosdiere
Mosdiere, seematte
Lofofoor, geen stingeltjie, vangarms met trilhare
ongeveer 5 000 lewende spesies
Chaetognatha
Langharige kake
Pylwurms
Chitienagtige stekels aan weerskante van die kop, vinne
ongeveer 100 spesies nog bestaande
Chordata
Rugkoorde
Diere met rugkoorde
'n Hol dorsale senukoord
meer as 63 000
Cnidaria
Stekelselliges
Holtediere
Nematosiste
ongeveer 10 000
Ctenophora
Kamdraers
Kamjellies
Agt "gekamde rye" van saamgesmelte trilhare
ongeveer 100 huidige spesies
Cycliophora
Wieldraendes
Simbiont
Sirkelvormige mond omring deur klein trilhare
ten minste 3
Echinodermata
Stekelrige velle
—
Vyfvoudige radiale simmetrie, mesodermale versteende stekels
ongeveer 7 000 spesies wat nog bestaan
Echiura
Stekelsterte
Lepelwurms
'n Stel hoeke aan die agterent
ongeveer 140
Entoprocta
Anus aan die binnekant
Bekerwurm
Anus aan die binnekant van 'n ring trilhare
ongeveer 150
Gastrotricha
Harige mae
Meiofauna
Twee terminale kleefbuise
ongeveer 450
Gnathostomulida
Kaakopenings
Kaakwurms
Hemichordata
Halwe koorde
Akkerwurms
'n Stomokoord in 'n boordjie
ongeveer 100 lewende spesies
Kinorhyncha
Beweeglike snoete
Modderdrake
Elf segmente, elk met 'n dorsale plaat
ongeveer 150
Loricifera
Borsrokdraers
Borselkoppe
Sambreelagtige skubbe aan elke ent
ongeveer 21
Micrognathozoa
Klein kaakdiere
—
Konsertina -agtige uitstootbare borskas
1
Mollusca
Dun doppe
Weekdiere
Gespierde voet en 'n mantel rondom die dop
ongeveer 70 000
Myxozoa
Slymdiere
—
Polêre kapsules wat soos nematosiste lyk
ten minste 12 000
Nematoda
Garingagtiges
Rondewurms
'n Ronde kruisdeursnit, keratien vliesie
80 000 tot 1 miljoen
Nematomorpha
Garingagtige vorms
Perdehaarwurms
ongeveer 320
Nemertea
Seenimfe
Striklintwurms
ongeveer 1 200
Onychophora
Kloudraers
Fluweelwurms
Chitienagtige kloue aan die punt van die pote
ongeveer 110 wat nog bestaan
Orthonectida
Reguit swemmers
ongeveer 20
Phoronida
Uit die mitologie: 'n meisie genaamd Io op wie Zeus verlief was
Perdeskoenwurms
'n U-vormige spysverteringstelsel
20
Placozoa
Buisdiere
1
Platyhelminthes
Platwurms
Platwurms
ongeveer 25 000
Porifera
Porie-draers
Sponse
'n Geperforeerde binnewand
meer as 5 000
Priapulida
Peniswurms
Peniswurms
Terugtrekbare snoet omring deur papille
17
Rhombozoa
Ruitvormige diere
—
'n Enkele aksiale sel omring deur trilhaarselle
75
Rotifera
Wieldraers
Radardiertjies
'n Skynbuikholte
ongeveer 2 000
Sipuncula
Klein buisies
Grondboontjiewurms
'n Mond omring deur omkeerbare gryparms
144-320
Tardigrada
Stadige stappers
Waterbere
'n Liggaam en kop in vier segmente
ongeveer 750
Xenoturbellida
Vreemde platwurms
—
Trilhaaragtige deuterostoom
2
TOTAAL
1 375 000+
Filum
Betekenis
Volksnaam
Onderskeidende kenmerke
Rhodophyta
Rooi plante
Rooi alge
Alge sonder selle, met 'n sweephaar
Chromista
Gekleurdes
Geen
Alge met bladgroen
Alveolates
Klein holtetjies
Geen
Ooreenkomste binne dié filum is geneties
Excavates
Uitgrawers
Geen
Ooreenkomste binne dié filum is geneties
Rhizaria
Van wortels
Geen
Ameboiede met skynvoete
Amoebozoa
Veranderende diere
Ameboiede
Beweeg deur die vloei van sitoplasma
Choanozoa
Tregterdiere
Geen
'n Sweephaar omring deur mikrovilli
Talle ander minder belangrike filums binne die protista is nie hier gelys nie
Afdeling
Betekenis
Volksnaam
Onderskeidende kenmerke
Anthophyta
Blomplante
Plante wat blom
Maak blomme en vrugte
Bryophyta
Mosplante
Mos en kruie
Diploiede spore , sonder 'n vaatsisteem
Pteridophyta
Varingplante
Varings
Diploiede spore en 'n vaatsisteem
Pinophyta
Gom/pikplante
Kegeldraende plante
Keëls met sade
Sphenophyta
Wigplante
Perdesterte
Fotosintetiese, hol, gelede en gerifde stingels
Cycadophyta
Palmplante
Broodbome
Sade, met 'n kroon van saamgestelde blare
Ginkgophyta
Ginkgoplante
Ginkgo, Venushaarvaring
Sade nie deur vrugte beskerm nie
Gnetophyta
Geen
Gnetofiete
Sade en 'n houtagtige vaatsisteem
Filum
Betekenis
Volksnaam
Onderskeidende kenmerke
Spesies bekend
Chytridiomycota
Potjiesampioene
Skynskimmels
Sellulose in die selwande, sweephaargamete
ongeveer 900[ 1]
Deuteromycota
Tweede sampioene
Onperfekte swamme
Plant slegs aseksueel voort
ongeveer 17 000[ 2]
Zygomycota
Eiergeelsampioene
Zigomisete
Dit meng gametangia om 'n zigosporangium te vorm
ongeveer 900[ 3]
Glomeromycota
Balsampioene
Geen
Vorm swamwortels met plante
ongeveer 200[ 4]
Ascomycota
Wynsaksampioene
Sakswamme
Maak spore in 'n spoorsakkie
ongeveer 32 000[ 1]
Basidiomycota
Basidiumsampioen
Geen
Maak spore van 'n 'basidium '
ongeveer 30 000[ 5]
↑ 1,0 1,1 Webster, J. en Weber, R. 2007. Introduction to fungi . pp.127-164.
↑ https://cals.arizona.edu/classes/plp427L/lab12.html
↑ James, Timothy Y. and Kerry O'Donnell. 2007. Zygomycota. Microscopic 'Pin' or 'Sugar' Molds. Version 13 July 2007 (under construction). http://tolweb.org/Zygomycota/20518/2007.07.13 in The Tree of Life Web Project, http://tolweb.org/
↑ Sarah C. Watkinson, Lynne Boddy, Nicholas Money. The Fungi . Derde uitgawe. Academic Press; 2005. https://search.ebscohost.com/login.aspx?direct=true&AuthType=sso&db=nlebk&AN=485511&site=eds-live&scope=site
↑ http://tolweb.org/tree?group=Basidiomycota&contgroup=Fungi