HMS Queen Elizabeth (vliegdekskip)
Voorkoms
HMS Queen Elizabeth | |
Naam | HMS Queen Elizabeth, Februarie 2018 |
---|---|
Klas en tipe | Queen Elizabeth-klas vliegdekskip |
Bouers | Aircraft Carrier Alliance by Rosyth skeepswerf Verenigde Koninkryk |
Gebruik deur | Britse Vloot |
Koste | £3 miljard |
Datum neergelê | 7 Julie 2009 |
Te water lating | 17 Julie 2014 |
In diens gestel | 7 Desember 2017 |
Lot | In aktiewe diens |
Tuishawe | Vlootbasis Portsmouth |
Verplasing | 65 000 ton |
Lengte | 280 m |
Wydte | 39 m (waterlyn), 73 m (algeheel) |
Diepgang | 11 m |
Spoed | 32 kn (59 km/h) |
Bemanning | 679 (skip) + 250 (troepe) |
Die HMS Queen Elizabeth is 'n vliegdekskip en slegs die tweede skip wat dié naam dra in die Britse Vloot naas die HMS Queen Elizabeth-slagskip. Die HMS Queen Elizabeth is in Rosyth gebou en is op 7 Desember 2017 in diens gestel.
Dit is die grootste oorlogskip wat ooit vir die Verenigde Koninkryk se Royal Navy gebou is, en is in staat om tot veertig vliegtuie te dra.[1] Die skip is op 4 Julie 2014 deur koningin Elizabeth II gedoop. Op 26 Junie 2017 is met seeproewe begin en die skip was teen die einde van 2017 vol-operasioneel .[2]
Die eerste bevelvoerder is kommandeur Jerry Kyd, die voormalige kaptein van HMS Ark Royal en HMS Illustrious.[3]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Tight budgets and imminent Brexit threaten Britain's armed forces". The Economist (in Engels). 6 Julie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Maart 2018. Besoek op 15 Julie 2017.
- ↑ ""Queen Elizabeth Due To Set Sail From Rosyth today"" (in Engels). BBC News. 26 Junie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Desember 2019. Besoek op 26 Junie 2017.
- ↑ "Royal Navy Appoints First Captain of HMS Queen Elizabeth" (in Engels). Royal Navy. 27 Februarie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2014. Besoek op 27 Februarie 2014.
- Popular Mechanics September 2014. ISSN 1682-5136
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie HMS Queen Elizabeth (vliegdekskip).