Hemelvaartsdag
Op Hemelvaartsdag (Latyn: Ascensionis Domini) vier Christene dat Christus ná die kruisiging en opstanding in die hemel opgevaar het (vir verdere inligting rakende die godsdienstige betekenis van die dag, sien Hemelvaart). Hemelvaartsdag val op die veertigste dag gereken vanaf Eerste Paasdag, wat veroorsaak dat die datum elke jaar anders is. Hemelvaartsdag val wél altyd op 'n Donderdag. Hemelvaartsdag val tien dae vóór Pinkster.
In baie lande, waaronder België, Colombia, Denemarke, Duitsland, Finland, Frankryk, Groenland, Haïti, Ysland, Indonesië, Liechtenstein, Luxemburg, Madagaskar, Namibië, Nederland, Noorweë, Oostenryk en Switserland, is Hemelvaartsdag 'n vakansiedag in die middel van die week. Daarom word die Vrydag daarna ook "Vaak Vry" genoem. Baie Christene sal ook 'n kerkdiens of mis besoek op hierdie dag. In ander lande, byvoorbeeld Hongarye, Italië, Pole, Portugal en Spanje, gaan mense kerk toe op die Sondag ná Hemelvaart.
In vroeëre jare het mense op Hemelvaartsdag al teen drie uur snags opgestaan om al singend kaalvoet oor gras te loop, omdat hulle geglo het dat dit 'n ritueel is wat magiese en genesende uitwerkings sou hê. Dit word doutrap genoem.
Datum
[wysig | wysig bron]Die vroegste moontlike termyn volgens die Gregoriaanse kalender is 30 April en die laaste moontlike is 3 Junie. In die Juliaanse kalender, wat veral deur die Oosters-Ortodokse Kerke gebruik word, verskil dié datum effens.
|
|
|
Sien ook
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Hemelvaartsdag.
- (en) "Ascension". Encyclopædia Britannica. Besoek op 12 Januarie 2019.