Knoffel
Knoffel | |
---|---|
Knoffelplant, geskets deur William Woodville, Medical Botany, 1793. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. sativum
|
Binomiale naam | |
Allium sativum |
Knoffel (Allium sativum), word as spesery gebruik en is die tweede mees verboude spesie van die genus Allium. Hierdie genus bevat ook verskeie ander spesies wat as uie bekend staan en verbou word as voedsel, soos die bruinui (A. cepa), sjalotte, preie, die Japannese tros-ui (A. fistulosum), Egiptiese ui (A. ×proliferum), en die Kanadese ui (A. canadense).
Beskrywing van plant
[wysig | wysig bron]Die knoffelplant groei tot 'n hoogte van 1,2 m en bestaan uit 'n waaier van hol, blou-groen blare. Die blare is vleesagtig, hol en silindries gevorm, met 'n afgeplatte kant. Dit produseer hermafrodiete blomme. Bestuiwing vind plaas met die hulp van bye en ander insekte. Wanneer knoffel ryp word, versamel voedingreserwes in die blaarbasisse en die bol swel uit.
As die bol deur die winter in die grond gelaat word, ontwikkel 'n nuwe groeipunt uit die middel van die bol in die lente. Nuwe blare verskyn en 'n lang, hol stammetjie skiet boontoe om die wit blomhofies wat vorm, te dra. Die sade is 'n blink swart kleur en driehoekig in dwarssnit.
Verbouing
[wysig | wysig bron]Die knoffelplant is eintlik 'n twee- of meerjarige plant, maar word algemeen ge-oes na die eerste jaar van verbouing.
Die knoffelplant se bol aan die basis van die plant begin te swel wanneer 'n sekere dag-lengte bereik word. In die herfs sterf die blaardele af en die buitenste lae van die bol word droog en bros. Die oes word gepluk en gedroog, waarna die knoffel gereed is vir gebruik of om te stoor.
Die oes is vatbaar vir aanvalle deur peste, siektes en verskeie fungi wat verrotting veroorsaak.
Gebruike
[wysig | wysig bron]Knoffel word wêreldwyd gekweek, verbou en verbruik. Gewoonlik word knoffel gebraai in kos, as 'n geurmiddel, of as bestanddeel van 'n gereg. Daarbenewens kan dit ook ingelê word in bottels bedek met olie. Knoffel het 'n skerp reuk wanneer dit gekap of gerasper word.
Daar word geglo dat die verbruik van knoffel sekere gesondheidsvoordele inhou, bv. anti-inflammatoriese, anticholesterol-, kankerbestrydende en antioksidant-eienskappe.
Ekonomies
[wysig | wysig bron]Top tien knoffelprodusente — 2010 (metrieke ton) | |
---|---|
Wêreldwyd | 17 674 893 |
China | 13 664 069 |
Indië | 833 970 |
Suid-Korea | 271 560 |
Egipte | 244 626 |
Rusland | 213 480 |
Mianmar | 185 900 |
Ethiopië | 180 300 |
VSA | 169 510 |
Bangladesj | 164 392 |
Oekraïne | 157 400 |
Galery
[wysig | wysig bron]-
Heel knoffelbolle
-
Dwarssnit deur die bol wat die huisies uitlig
-
Afgedopte knoffelhuisies gereed vir verkoop in 'n plastiekhouer
-
Knoffel word gepers vir gebruik
-
'n Knoffelstring
Verwysings
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Allium sativum. |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |