Gaan na inhoud

Lisa Bonet

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Lisa Bonet
Geboortenaam Lisa Michelle Bonet
Alias Lilakoi Moon[1]
Geboorte 16 November 1967 (1967-11-16) (56 jaar oud)
San Francisco, Kalifornië, Verenigde State
Nasionaliteit Amerikaans
Lewensmaat Lenny Kravitz 1987-1993,
Jason Momoa 2017
Kinders 3; insluitende Zoë Kravitz
Beroep(e) Aktrise en regisseuse
Aktiewe jare 1982–nou
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Lisa Bonet (gebore 16 November 1967)[2] is 'n Afro-Amerikaanse aktrise en regisseuse van Joodse afkoms. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Angel Heart (1987), Enemy of the State (1998), en High Fidelity (2000), en die televisiereeks The Cosby Show (1984).

Vroeë lewe

[wysig | wysig bron]

Bonet was gebore in San Francisco, Kalifornië as[3] die dogter van Arlene (née Litman), 'n musiekonderwyser, en Allen Bonet, 'n operasanger. Haar pa was vanaf Texas, en haar ma Joods.[4]

Persoonlike lewe

[wysig | wysig bron]

Bonet het op 16 November 1987 op haar 20ste verjaardag met Lenny Kravitz in Las Vegas getrou. Bonet het op 1 Desember 1988 aan hul dogter Zoë Kravitz geboorte gegee.[5] Sy en Kravitz het in 1993 geskei.

In 2005 het sy 'n verhouding met die akteur Jason Momoa begin. Alhoewel dit geglo was dat Momoa en Bonet op 15 November 2007 getroud was, het die egpaar dit eers in Oktober 2017 amptelik gemaak.[6] Op 23 Julie 2007 het Bonet aan haar tweede kind, Lola Iolani Momoa, geboorte gegee. Op 15 Desember 2008 het hulle 'n seun genaamd Nakoa-Wolf Manakauapo Namakaeha Momoa gehad.[7]

Filmografie

[wysig | wysig bron]

Rolprente

[wysig | wysig bron]
  • 1987: Angel Heart
  • 1993: Bank Robber
  • 199f: Final Combination
  • 1998: Enemy of the State
  • 2000: High Fidelity
  • 2003: Biker Boyz
  • 2006: Whitepaddy
  • 2014: Road to Paloma

Televisiereekse

[wysig | wysig bron]
  • 1983: St. Elsewhere
  • 1984: The Cosby Show
  • 1985: Tales from the Darkside
  • 1987: A Different World

Televisierolprente

[wysig | wysig bron]
  • 1985: Fast Copy
  • 1990: The Cosby Outtakes Show
  • 1994: New Eden
  • 2002: Lathe of Heaven
  • 2006: I Was a Network Star
  • 2009: The Cosby Show: 25th Anniversary Special

Video's

[wysig | wysig bron]
  • 2003: A Century of Black Cinema
  • 2006: The Making of 'Enemy of the State'
  • 2015: Michael Raymond-James for BulliesKeepOut.com

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Westbrook, Caroline (14 September 2003). "Lisa Bonet" (in Engels). Somethingjewish.co.uk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2019. Besoek op 17 Oktober 2008.
  2. McCann, Bob (2007). Encyclopedia of African American Actresses in Film and Television. Jefferson, N.C.: McFarland and Company. p. 49. ISBN 978-0-7864-3790-0. Besoek op 18 September 2017.
  3. "Lisa Bonet Biografie" (in Engels). Filmreference.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2018. Besoek op 17 Oktober 2008.
  4. "Lisa Bonet oor familie, haar man Jason Momoa & haar werk saam met Bill Cosby". Porter Edit / NET-A-PORTER.COM. 9 Maart 2018. Besoek op 21 Mei 2018. Bonet was in die hart van die hippie-beweging in November 1967 in San Francisco gebore met 'n blanke, Joodse onderwyseres as moeder en 'n swart operasanger as vader.
  5. "Zoe Kravitz. Alternate Name: Zoe Isabella Kravitz" Geargiveer 9 Julie 2011 op Wayback Machine at All Movie Guide via The New York Times
  6. "Jason Momoa, Lisa Bonet Trou Amptelik in Geheime Troue". Us Weekly (in Engels). 2 November 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 April 2020. Besoek op 2 November 2017.
  7. "Lisa Bonet en Jason Momoa Verwelkom hul seun Nakoa-Wolf" (in Engels). Celebrity-babies.com. 7 Januarie 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Februarie 2010. Besoek op 5 Januarie 2019.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]