Markus Viljoenmedalje vir Joernalistieke Prestasie
Die Markus Viljoenmedalje heet na J.M.H. Viljoen. Hy was van 1931 tot sy dood in 1949 hoofredakteur van Die Huisgenoot, een van die bekwaamste joernaliste van ons land. In 'n lewensberig oor Markus Viljoen het D.J. Opperman onder meer geskryf: "As daar iemand is wat gedurende sy lewe, en veral ná sy dood, nie na waarde geskat word nie, dan is dit die joernalis en die redakteur. Hy het gewoonlik, soos dit ook die geval was met Markus Viljoen, sowel sy liggaam as sy gees veil vir die welvaart van sy koerant of tydskrif; maar so 'n joernalis bly eintlik vir die groot publiek 'n onbekende ..." In 1969 het die Akademieraad besluit om hierdie medalje in te stel "vir langdurige hoogstaande werk in die Afrikaanse joernalistiek". Die medalje word slegs een maal aan 'n persoon toegeken.
Vanaf 1976 is die prys elke drie jaar beskikbaar.
Lys van wenners
[wysig | wysig bron]- 1969 – dr. L.W. Hiemstra
- 1970 – Willem van Heerden
- 1971 – dr. P.A. Weber
- 1973 – mnr. Schalk Pienaar
- 1979 – prof. P.J. Cillié
- 1982 – mej. Rykie van Reenen
- 1985 – mnr. J.J.J. Scholtz
- 1991 – mnr. Wiets Beukes
- 1994 – mnr. Alf Ries
- 1997 – mnr. J.P. Smit
- 2000 – mnr. Niel Hammann
- 2003 – mnr. P.A. Joubert
- 2009 – me. Anne-Marie Mischke
- 2012 – me. Zelda Jongbloed
- 2021 – Fred Mouton