Gaan na inhoud

Nominalisme

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Die nominalisme is die kennisteoretiese standpunt dat die terme waarmee die mens die werklikheid om homself/haarself heen benoem geen objektief bestaande, "reële" entiteite aandui nie, maar slegs woorde en name is. Die nominalisme is 'n teologiese/filosofiese stroming uit die tweede helfte van die Middeleeue. Hierdie stroming binne die metafisika ag die individuele dinge as werklik maar nie die universele gestalte daarvan nie. Dus is “boomheid” nie werklik nie, maar wel die individuele boom. Dit het gevolge vir die Godsleer. Hierdie stroming beweer dat die goeie goed is omdat God dit wil. Die vryheid van God word analoog beskou aan die van mense, waarby gekies kan word uit 'n aantal moontikhede. Die nominalisme is 'n vroeë stroming wat die belang van die wil stel.

Nominalisme was gekant teen Middeleeuse realisme, wat hoofsaaklik beskou word as wese en dat die universele - algemeen abstrakte konsepte soos kleur en smaak - as werklik beskou word. Die universele is die eienskappe van 'n sekere voorwerp wat dit die spesifieke doel maak wat dit is. Die terugkerende gestalte van die boomheid is werklik en nie soseer die individuele boom nie. Die gevolg van die leerstelling van God is dat God 'n goeie wil het, want dit is goed. God het dus nie enige voorheen gegewe moontlikhede om uit te kies nie, maar besef alles wat hy kan doen. Hy gehoorsaam die wette wat in Homself lê.

Die ontstaan van die nominalisme word in verband gebring met die opkoms van die burgery in die Middeleeue. Die burgery staan los van die feodale verbande.

Belangrike verteenwoordigers van hierdie stroming is Roscellinus van Compiègne (ca. 1050–ca. 1124) en Willem van Ockham (1288–ca. 1347).

Filosofiese oorsprong van die nominalisme

[wysig | wysig bron]

Die nominalisme-realisme debat het sy eindelike wortels in die klassieke oudheid. Plato was 'n realis wat aangevoer het dat die eienskappe wat 'n mens van voorwerpe kan sien, net tydelike, swak manifestasies van ewige bestaande idees of vorms is. Hierdie vorms bestaan buite die materie; hulle is transendentaal. Die algemene konsepte bestaan by Plato vir dinge (universalia ante res). Byvoorbeeld, 'n spesifieke perd vir Plato is 'n onvolmaakte weerspieëling van die oerbeeld perd of “perdheid”.

Aristoteles het 'n gematigde realistiese posisie gehad. Die algemene vorms (essensies) van 'n voorwerp of substansie bestaan volgens Aristoteles werklik, maar is in die voorwerpe self: hulle is inherent.In teenstelling met Plato volg die term perd vir Aristoteles slegs van alle individuele perde wat op die aarde bestaan (universalia in rebus).

Die verskil in sienings tussen Plato en Aristoteles het ook gevolge vir die soort dialektiek wat toegepas word. In die dialoeë van Plato dien dialektiek as 'n suiwer moontlike konsep (idees, vorms) vanuit 'n voëlvlugperspektief, terwyl die dialektiek van Aristoteles eerder 'n redenasie of beredeneringsvorm is. Aristoteles se beskouings het reeds in die Middeleeue, 'n beter teelaarde vir empiriese neigings gevorm soos met Roger Bacon, en het na die Middeleeue gehelp met die ontstaan van die filosofiese materialisme.

Die sogenaamde universalistiese stryd tussen realisme en universalisme, wat 'n belangrike rol in die filosofiese debat van die elfde tot veertiende eeu gespeel het, kan gesien word as die voortsetting van hierdie verskil in insig tussen Plato en Aristoteles. Die heftigheid van die debatte van destyds word verstaanbaar wanneer mens besef dat die "gebou" van die Christendom tot hierdie universalistiese stryd grootliks op neoplatoniese grondslae gebou was.

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • Hierdie artikel is vertaal vanuit die Nederlandse Wikipedia