Pastorie
Voorkoms
'n Pastorie (meervoud: pastorieë) is die ampswoning van 'n predikant. Dit behoort aan die kerk en word aan 'n predikant beskikbaar gestel om in te woon.
In Suid-Afrika word die erf waarop die pastorie staan van eiendomsbelasting vrygestel. Die pastorie moet egter deur 'n amptelike leraar van die gemeente bewoon word. As die pastorie verkoop of aan iemand anders as die leraar verhuur word, word dit normaal belas.[1]
Verwysings
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Pastorie.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir pastorie.