Republiek Winburg-Potchefstroom
Voorkoms
| ||||
Hoofstad | Winburg Potchefstroom | |||
Taal/Tale | Nederlands Afrikaans | |||
Regering | Republiek | |||
President | ||||
- 1844–1848 | Andries Hendrik Potgieter | |||
Geskiedenis | ||||
- Stigting | 9 April 1844 | |||
- Ontbind | 1848 |
Die Republiek Winburg-Potchefstroom was 'n Boererepubliek wat van 9 April 1844 tot 3 Februarie 1848 bestaan het. Die republiek is deur Andries Hendrik Potgieter, die leier van die Voortrekkers, gestig. Die voormalige republieke van Winburg en Potchefstroom is saamgesmelt om die Republiek Winburg-Potchefstroom te vorm.
Die republiek hou op om te bestaan nadat Winburg op 3 Februarie 1848 deur Harry Smith vir die Verenigde Koninkryk geannekseer en by die Oranjerivier-soewereiniteit ingelyf is. Potchefstroom word deel van die gebied wat in 1852 as die Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal) erken is.