Gaan na inhoud

Superrugby

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Super 14)
Superrugby
2024 Superrugbyseisoen
Beskrywing.
Kenteken van Superrugby

Sportsoort Rugby
Gestig 1996 (as Super 12)
2006 (as Super 14)
2011 (as Superrugby)
Eienaar SANZAAR
Inwydingseisoen 1996 (Super 12)
2006 (Super 14)
2011 (Superrugby)
Deelnemende lande Vlag van Australië Australië (5 spanne)
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (5 spanne)
Vlag van Fidji Fidji (1 span)
Stille Oseaan-eilande (1 span)
Voorheen:
Vlag van Argentinië Argentinië (1 span)
Vlag van Japan Japan (1 span)
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika (8 spanne)
Aantal spanne 12
Mees onlangse kampioen Vlag van Nieu-Seeland Crusaders (2023)
Verwante kompetisies Curriebeker
Mitre 10-beker
Nasionale Rugbykampioenskap
Borg(e) Investec
Vodafone

Superrugby (in die logo word dit geskryf as SupeRugby) is die grootste rugbyklubkampioenskap in die Suidelike Halfrond en bestaan (sedert 2022) uit 12 spanne van Australië, Nieu-Seeland, Fidji en die Stille Oseaan-eilande (feitlik die Cookeilande, Fidji, Samoa en Tonga). Tot in 2015 het 16 spanne elk een keer teen mekaar gespeel en die top vier spanne het deurgedring na die halfeindstryd. Die wenners van die halfeindstryd speel dan in die eindstryd om die algehele wenner te bepaal.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Super 6

[wysig | wysig bron]
Bulls in 'n lynstaan teen die Western Force.
Die Brumbies veg verbete teen die Western Force.
Die stormers se 2006 Super 14 span hou 'n spanpraatjie.

Voor 1996 het gereelde mededingende rugby in kompetisies van lande in die Suidelike Halfrond vorm begin aanneem, waarvan die vroegste die Suidseekampioenskap was wat in 1986 begin het. Die oorspronklike kompetisie het bestaan uit drie spanne van Nieu-Seeland (Auckland, Canterbury en Wellington) saam met twee Australiese spanne (Queensland en Nieu-Suid-Wallis) en Fidji. Die kompetisie is in 1992 herbekendgestel as die Super Ses.

Super 10

[wysig | wysig bron]

In 1993 het die Super 10 die Suidseekampioenskap en Super Ses-toernooie vervang. Met Suid-Afrika se hertoetrede tot internasionale sport in 1992 was daar 'n geleentheid om 'n uitgebreide weergawe van die kompetisie die lig te laat sien. Die aanvangskompetisie het die volgende spanne ingesluit: Waikato, Auckland, Otago en North Harbour (Nieu-Seeland); Natal, Transvaal en Noord-Transvaal (Suid-Afrika); Queensland en Nieu-Suid-Wallis (Australië) en Wes-Samoa (as verteenwoordiger van die Suidsee-nasies). Die Super 10 is deur Transvaal in 1993 gewen en deur Queensland in 1994 en 1995.

Super 12

[wysig | wysig bron]

Die amptelike verklaring van die professionalisering van rugby in Augustus 1995 het gely tot ’n herstrukturering van die Super 10-kompetisie. Na die sukses van die Wêreldbeker in 1995 het die Australiese, Nieu-Seelandse en Suid-Afrikaanse Rugbyrade SANZAR (Suid-Afrikaanse, Nieu-Seelandse en Australiese Rugby) gestig om ’n jaarlikse 12-span provinsiale kompetisie te administreer waarin streekspanne van die drie nasies teen mekaar sou speel. Hiermee saam is besluit om ’n jaarlikse Drienasiestoetsreeks tussen die drie lande te hou. ’n Noemenswaardige rede vir die ontwikkeling van die Super 12 was die bedreiging vir rugby van die ander rugbysport, rugby league. Deur die instelling van die Super 12 het die drie rade ’n produk gehad waarna die vraag hoog was (veral vir televisie), wat hulle in staat gestel het om ’n 10-jaar kontrak te sluit met News Corp vir eksklusiewe uitsaairegte van VS$ 555 miljoen. Dit het die unies dekking en finansiële ondersteuning gebied om die kompetisie te begin.[1]

Met noemenswaardige borgskappe en die professionalisering van rugby in 1995, het die Super 12-kompetisie suksesvol afgeskop in 1996 met vyf spanne van Nieu-Seeland, vier van Suid-Afrika en drie van Australië. Nieu-Seeland se oorheersing van die kompetisie het reeds in die eerste jaar begin toe die Auckland Blues die aanvangskompetisie gewen het deur die Natal Sharks met 45–21 in ’n tuiseindstryd te klop. Die Blues het 1996 se sukses herhaal in 1997 toe hulle die Australiese ACT Brumbies met 23–7 in die eindstryd geklop het.

In 1998 het Auckland in sy derde agtereenvolgende eindrondte gespeel maar het verloor teen die Canterbury Crusaders met 13–20. Dit het die begin van die Crusaders se drie-jaar oorheersing van die kompetisie ingelui. Hulle het die 1999 en 2000-seisoene gewen teen onderskeidelik die Otago Highlanders en die ACT Brumbies. Die 2001-seisoen was die eerste waarin geen Nieu-Seelandse span die eindrondte kon haal nie. Dit is gespeel tussen die ACT Brumbies en die Natal Sharks waarin die Brumbies oortuigend gewen het met 36–6.

In 2002 het die Crusaders hulle vierde titel ingepalm en hul vyfde net gemis in 2003 toe hulle met vier punte teen die Blues verloor het. In 2004 het die Brumbies wraak geneem in die 2000-eindstryd toe hulle die Crusaders met 47–38 geklop het voor die Crusaders se tuisskare. Die Crusaders het egter in 2005 weer die kompetisie gewen toe hulle teen die Nieu-Suid-Wallis Waratahs (wat in hul eerste eindrondte gespeel het) gewen het met 35–25. Dit was die laaste jaar van die 12-spanformaat van die kompetisie.

Sedert die vroeë 2000’s het Australië begin vra vir die insluiting van ’n vierde Australiese span en Suid-Afrika vir ’n vyfde Suid-Afrikaanse span. Daar was ook gissings oor die insluiting van ’n span van die Suidsee-nasies soos Fidji; of ’n gekombineerde Suidsee-eilandespan van Fidji, Samoa en Tonga. Argentinië het ook navraag gedoen om insluiting in die Super 12.

Super 14

[wysig | wysig bron]
Die Super 14 trofee.
Amptelike logo van die Super 14.

In September 2004 het SANZAR met onderhandelinge begin vir 'n nuwe televisiekontrak wat in 2006 in werking sou tree. Daardie Desember het SANZAR aangekondig dat 'n nuwe TV-kontrak onderteken is met News Corporation wat die uitsaairegte vir die Verenigde Koninkryk, Australië en Nieu-Seeland bekom het en Supersport vir Suid-Afrika. Die kontrak was V$323 miljoen oor vyf jaar werd, wat 'n 16% jaarlikse styging is in vergelyking met die vorige kontrak.[1] Dit dek internasionale sowel as Super 14-wedstryde. SANZAR kon self nog ander transaksies met lande soos Frankryk, Japan en Amerika sluit.

Die Drienasies was die "melkkoei" vir die SANZAR-vennote, aangesien dit ongeveer 60% van die geld van News Ltd. voorsien het. Die Super 14 het slegs omtrent 30% van die kontrak uitgemaak.

Onder die nuwe kontrak het Australië en Suid-Afrika elk 'n ekstra span in die kompetisie gekry en elke Drienasiespan sou nou ses wedstryde speel in plaas van die gebruiklike vier. Die voorstel het ook die moontlikheid van 'n splitsing van die huidige formaat in twee afdelings met sewe spanne oopgehou, maar daar is besluit om die kompetisie in die huidige eentabel-formaat te hou. Argentinië en die Suidsee-eilande is egter steeds onder hierdie voorstel uit die kompetisie gehou.

In 2005 is bevestig dat die nuwe Australiese span in die kompetisie die Western Force, met hul basis in Perth sou wees. Die toevoeging van 'n nuwe Suid-Afrikaanse span het egter tot onmin gelei, en selfs die regering het ingemeng. Uiteindelik is die vyf Suid-Afrikaanse spanne vasgestel en daar is besluit om die vier bestaande spanne te hou met die toevoeging van die Cheetahs, met hul basis in Bloemfontein.

Die Lions speel teen die Sharks

Die twee nuwe spanne het nie baie goed gevaar nie en die Cheetahs was die beste van die twee. Die Cheetahs het tiende geëindig met vyf seges en die Western Force kon net een wedstryd wen en het heel onder aan die punteleer geëindig. Die hoogtepunt vir die Force was hulle gelykop uitslag teen die uiteindelike kampioene, die Crusaders. Die Crusaders het met die Hurricanes, wie se eerste eindstryd dit was, afgereken met 19–12.

Vir die 2007-seisoen het 22 All Blacks die kompetisie se eerste sewe rondtes misgeloop as deel van 'n All Black-"kondisioneringsprogram".[2] Hierdie program was deel van die All Blacks se voorbereidings vir die Rugbywêreldbeker 2007 en elke Nieu-Seelandse konsessie moes sonder sy sleutelspelers klaarkom in die eerste sewe rondtes.[3][4] Aan die einde van die seisoen kon geen Australiese span deurdring tot die uitspeelwedstryde nie (die eerste keer sedert 1998). Alhoewel die Brumbies goed vertoon het en die Western Force baie beter vertoon het, was dit nie 'n goeie jaar vir die Reds en die Waratahs nie, wat onderskeidelik laaste en tweede laaste geëindig het. Met die terugkeer van die 22 All Blacks kon die Nieu-Seelandse spanne steeds nie hul volle sterkte bereik nie en die seisoen se kompetisie is vir die eerste keer deur 'n Suid-Afrikaanse span gewen. Die Sharks (tweede op die punteleer) en die Bulls (bo-aan die punteleer) het dinge uitgespook om die trofee. Die eindwedstryd is op die ABSA-stadion in Durban deur die Bulls met 20–19 gewen.

Suid-Afrikaanse onttrekking en herorganisasie

[wysig | wysig bron]

In September 2020 het die Suid-Afrikaanse Rugbyunie aangekondig dat al sy spanne uit Superrugby onttrek word en waarskynlik by 'n uitgebreide Pro14/Verenigde Rugbykampioenskap sal aansluit.[5] In 2021 is die plaaslike toernooie "Super Rugby Aotearoa" (Nieu-Seeland) en "Super Rugby AU" (Australië) beslis,[6][7] "Super Rugby Trans-Tasman" is ook in 2021 beslis, waartydens die Australiese spanne teen die Nieu-Seelandse spanne te staan gekom het.[8]

Vanaf die 2022-seisoen is 'n nuwe 12-span-toernooi aangekondig met die vyf Australiese en vyf Nieu-Seelandse spanne wat deur Moana Pasifika en 'n Fidjiaanse span aangevul sal word.[9] Nieu-Seeland Rugby het bevestig dat dit met Fiji Rugby en Moana Pasifika wil saamwerk en ook met Australië wil voortgaan.[10] In April 2021 is aangekondig dat lisensies aan beide Fijian Drua en Moana Pasifika gegee is om in 2022 by Superrugby aan te sluit.[11] Die nuwe formaat is in Augustus 2021 bevestig, dit sal onder die naam Super Rugby Pacific plaasvind en na 'n groepfase terugkeer, hoewel die afdelings deur een been vervang sal word.[12]

Spanne

[wysig | wysig bron]
Oorsig van spanne
Land Span Stad/Area Stadion/s (Kapasiteit)
Australië Brumbies Australiese Hoofstadgebied

AHG en Suidelike NSW insluitend Canberra, Queanbeyan, Nowra en Albury

Canberrastadion, (25 011)
Waratahs Nieu-Suid-Wallis

Noordelike en sentrale NSW insluitend Sydney, Newcastle, Wollongong, Tamworth en Coffs Harbour

Sydney Voetbalstadion, (45 500)
Reds Queensland

Die hele Queensland insluitend Brisbane, Goudkus, Cairns en Rockhampton

Suncorpstadion, (52 500)
Western Force Wes-Australië

Die hele WA insluitend Perth, Mandurah, Bunbury and Kalgoorlie

nib-stadion, (20 500)
Rebels Victoria

Melbourne Rugby

AAMI-park, (31 500)
Fijian Drua Fidji verskeie tuisstadions
Nieu-Seeland Blues Auckland, North Harbour en Northland.

(Noord-Auckland Skiereiland aan die Noordeiland en die meeste van metropolitaanse Auckland).

Edenpark, (47 500)
North Harbour-stadion, (25 000)
Chiefs Waikato, Bay of Plenty en Counties Manukau

Sentraal en oostelike Noordeiland insluitend Hamilton; Suidelike Auckland, Tauranga en Rotorua

Waikatostadion, (25 800)
Crusaders Canterbury Crusaders, Buller en Tasman.

Noordelike en sentrale Suideiland insluitend Christchurch, Nelson, Blenheim en Timaru

Rugby League Park, (36 000)
Highlanders Otago en Southland.

Suidelike Suideiland insluitend Dunedin en Invercargill

Carisbrook, (29 000)
Rugbypark-stadion, (17 000)
Hurricanes Wellington, Wanganui, Taranaki, Manawatu en Hawke’s Baai.

Suidelike en suidwestelike Noordeiland insluitend Wellington, Palmerston-Noord, Nieu-Plymouth en Napier

Westpacstadion, (34 500)
Moana Pasifika Oseanië (Cookeilande, Fidji, Samoa en Tonga) Mount Smart-stadion, (30 000)
Die Crusaders skrum teen die Brumbies in Mei 2006

Die Southern Kings (aanvanklik die Southern Spears), wat hul basis in Port Elizabeth het, is aanvanklik op die been gebring om die Suid-Afrikaanse span in die Super 14 van 2007 te vervang wat laagste op die punteleër eindig in die 2006-seisoen. Die bestaande Super 14 konsessies het egter hierdie plan teengestaan omdat hulle geglo het die kontroversiële voormalige president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, Brian van Rooyen, dit afgedwing het. Op 16 April 2006, nadat Van Rooyen as president vervang is, het SARU aangekondig dat die Spears nie aan die kompetisie sal deelneem nie.[13] SARU het 'n kommissie van ondersoek aangestel om te kyk of die Spears lewensvatbaar sou wees nadat dit aan die lig gekom het dat die unie ernstige finansiële probleme gehad het.[14]

In Augustus 2006 het die Hooggeregshof van Suid-Afrika beslis dat die Spears 'n geldige kontrak met SANZAR en SARU gehad het om aan die Super 14 en die Curriebeker deel te neem. Weens die unie se finansiële en administratiewe probleme is in November 2006 'n ooreenkoms bereik. Die Spears het hul regsaak laat vaar en sal bly voortbestaan maar hulle sal nie deelneem in die Super 14 nie.[15] Alhoewel daar geen amptelike verbintenis is nie, is die oorblyfsels van die Spears omgeskakel in die Southern Kings. Die Kings se aansoek om aan die 2011-seisoen deel te neem het misluk. Hulle het verloor teen die Melbourne Rebels.

Op 16 Augustus 2012 is bekendgemaak dat die Lions nie aan die 2013 Superrugbyseisoen gaan deelneem nie. Die span is weens sy teleurstellende seisoen in 2012 weggelaat ten koste van die Southern Kings. Die span het egter na afloop van die 2013-seisoen in twee promosie/relegasiewedstryde die Kings, die swakste span in die Suid-Afrikaanse groep, geklop, om weer ingesluit te word vir die 2014-toernooi.[16]

Vorige konsessies

[wysig | wysig bron]
Oorsig van spanne
Land Span Stad/Area Stadion/s (Kapasiteit)
Suid-Afrika Bulls Pretoria plus die Oos-Rand en Limpopoprovinsie Loftus Versfeld, (51 762)
Cheetahs Bloemfontein en Kimberley

Die hele Vrystaat en die Noord-Kaap

Vrystaatstadion, (48 000)
Hoffepark, (18 000)
Kings Port Elizabeth

Suidelike Wes-Kaap en die hele Oos-Kaap

Nelson Mandelabaai-stadion, (48 459)
Sharks Durban

Die hele KwaZulu-Natal

Kings Park-stadion, (55 000)
Stormers Kaapstad

Skiereiland, Boland, plus die noordelike Wes-Kaap

Nuweland, (51 900)

Vorige wenners

[wysig | wysig bron]

Super 12

[wysig | wysig bron]
Jaar Eindronde Verloorspanne in halfeindrondte
Wenner Telling Naaswenner 1ste halfeindrondte verloorder 2de halfeindrondte verloorder
1996
Besonderhede

Blues
45–21
Sharks

Reds

Bulls
1997
Besonderhede

Blues
23–7
Brumbies

Hurricanes

Sharks
1998
Besonderhede

Crusaders
20–13
Blues

Sharks

Highlanders
1999
Besonderhede

Crusaders
24–19
Highlanders

Reds

Stormers
2000
Besonderhede

Crusaders
20–19
Brumbies

Highlanders

Cats
2001
Besonderhede

Brumbies
36–6
Sharks

Cats

Reds
2002
Besonderhede

Crusaders
31–13
Brumbies

Waratahs

Highlanders
2003
Besonderhede

Blues
21–17
Crusaders

Hurricanes

Brumbies
2004
Besonderhede

Brumbies
47–38
Crusaders

Stormers

Chiefs
2005
Besonderhede

Crusaders
35–25
Waratahs

Bulls

Hurricanes

Super 14

[wysig | wysig bron]
Jaar Eindrondte Verloorspanne in halfeindrondte
Wenner Telling Naaswenner 1ste halfeindrondte verloorder 2de halfeindrondte verloorder
2006
Besonderhede

Crusaders
19–12
Hurricanes

Waratahs

Bulls
2007
Besonderhede

Bulls
20–19
Sharks

Crusaders

Blues
2008
Besonderhede

Crusaders
20–12
Waratahs

Sharks

Hurricanes
2009
Besonderhede

Bulls
61–17
Chiefs

Hurricanes

Crusaders
2010
Besonderhede

Bulls
20–19
Stormers

Crusaders

Waratahs

Superrugby

[wysig | wysig bron]
Jaar Eindrondte Verloorspanne in halfeindrondte
Wenner Telling Naaswenner 1ste halfeindrondte verloorder 2de halfeindrondte verloorder
2011
Besonderhede

Reds
18–13
Crusaders

Stormers

Waratahs
2012
Besonderhede

Chiefs
37–6
Sharks

Crusaders

Stormers
2013
Besonderhede

Chiefs
27–22
Brumbies

Crusaders

Bulls
2014
Besonderhede

Waratahs
27–22
Crusaders

Sharks

Brumbies
2015
Besonderhede

Highlanders
21–14
Hurricanes

Waratahs

Brumbies
2016
Besonderhede

Hurricanes
20–3
Lions

Chiefs

Highlanders
2017
Besonderhede

Crusaders
25–17
Lions

Chiefs

Hurricanes
2018
Besonderhede

Crusaders
37–18
Lions

Hurricanes

Waratahs
2019
Besonderhede

Crusaders
19–3
Jaguares

Brumbies

Hurricanes
2020
Besonderhede
seisoen afgelas, plaaslike toernooie gespeel nadat seisoen afgelas is
2021
Besonderhede
plaaslike toernooie gespeel, geen algehele kampioen nie
2022
Besonderhede

Crusaders
21–7
Blues

Chiefs

Brumbies
2023
Besonderhede

Crusaders
25–20
Chiefs

Blues

Brumbies

Totale seges

Span Seges Tweede plekke
Vlag van Nieu-Seeland Crusaders 12 4
Vlag van Nieu-Seeland Blues 3 2
Vlag van Suid-Afrika Bulls 3 0
Vlag van Australië Brumbies 2 4
Vlag van Nieu-Seeland Chiefs 2 2
Vlag van Nieu-Seeland Hurricanes 1 2
Vlag van Australië Waratahs 1 2
Vlag van Nieu-Seeland Highlanders 1 1
Vlag van Australië Reds 1 0
Vlag van Suid-Afrika Sharks 0 4
Vlag van Suid-Afrika Lions 0 3
Vlag van Argentinië Jaguares 0 1
Vlag van Suid-Afrika Stormers 0 1

Seges per land

Land Deelnames Seges Tweede plekke
 Nieu-Seeland 30 19 11
 Australië 10 4 6
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 11 3 8
Vlag van Argentinië Argentinië 1 0 1
Vlag van Japan Japan 0 0 0

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 (en) "More for players in new SANZAR deal". worldcupweb.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Maart 2006. Besoek op 17 Julie 2006.
  2. (en) "All Blacks pulled out of the Super 14". planet-rugby.com. 20 Augustus 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Februarie 2008. Besoek op 24 Januarie 2007.
  3. (en) "Henry reveals his 'World Cup team'". planet-rugby.com. 11 September 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Februarie 2008. Besoek op 24 Januarie 2007.
  4. (en) Leggat, David (22 September 2006). "Getting the balance in Super 14". nzherald.co.nz. Besoek op 24 September 2006.
  5. (en) "SARU members vote to seek northern hemisphere future". Suid-Afrikaanse Rugbyunie. 29 September 2020. Besoek op 11 November 2020.
  6. (en) "Sky Super Rugby Aotearoa draw announced". Super Rugby NZ. 10 November 2020. Besoek op 10 November 2020.
  7. (en) "Revealed: Rugby Australia announce 2021 Super Rugby AU draw". Rugby Australia. 11 November 2020. Besoek op 11 November 2020.
  8. (en) "2021 set for thrilling Trans-Tasman crossover". Rugby Australia. 13 November 2020. Besoek op 13 November 2020.
  9. (en) "Reports: Agreement reached for 12-team Super Rugby from 2022". www.sarugbymag.co.za. Besoek op 27 Desember 2020.
  10. (en) "New Zealand Rugby confirms Fiji Rugby & Moana Pasifika as preferred partners". All Blacks. Besoek op 27 Desember 2020.
  11. (en) "Next steps in Pacific Island professional teams journey confirmed by NZ Rugby". All Blacks. 14 April 2021. Besoek op 14 April 2021.
  12. (en) "Super Rugby Pacific format confirmed". Super Rugby NZ. 30 Augustus 2021. Besoek op 30 Augustus 2021.
  13. (en) "It is official: Spears shafted". rugbyrugby.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Julie 2011. Besoek op 19 Januarie 2006.
  14. (en) "Spears' CEO to be held accountable". rugbyrugby.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Julie 2013. Besoek op 10 April 2006.
  15. (en) "Spears abandon their Super conquest". Planet Rugby. 16 November 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 September 2012. Besoek op 22 November 2006.
  16. (en) Piek, Morgan (16 Augustus 2012). "SARU bevestig Superrugbydeelname vir 2012". Rugby15.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike (html) op 14 Maart 2016. Besoek op 16 Augustus 2012.

Bibliografie

[wysig | wysig bron]
  • (en) Gifford, Phil (2004). The Passion – The Stories Behind 125 years of Canterbury Rugby. Wilson Scott Publishing. ISBN 0-9582535-1-X.
  • (en) Howitt, Bob (2005). SANZAR Saga – Ten Years of Super 12 and Tri-Nations Rugby. Harper Collins Publishers. ISBN 1-86950-566-2.
  • (en) McIlraith, Matt (2005). Ten Years of Super 12. Hodder Moa. ISBN 1-86971-025-8.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]