Tibettane
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Tibettaans.
Tibettane | |
---|---|
Tibettane in Tibet | |
Totale bevolking: | ca. 7,8 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Volksrepubliek China ~7,5 miljoen Indië 190 000 |
Taal: | Tibettaans |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Tibettaanse Boeddhisme |
Verwante etniese groepe: | Ander Sino-Tibettaanse volke soos Bamar |
Die Tibettane (Tibettaans: བོད་པ་) is 'n etniese groep inheems aan die outonome gewes Tibet in die Volksrepubliek China en die aangrensende lande van Suid-Asië: Bhoetan, Indië en Nepal.
Die Tibettane behoort tot die Sino-Tibettaanse volke wat naas die Volksrepubliek China ook in lande soos Bhoetan, Mianmar, Nepal en Indië se noordooste leef. Hulle praat Tibettaans as moedertaal en is hoofsaaklik aanhangers van die Tibettaanse Boeddhisme. In die Volksrepubliek China behoort die Tibettane tot een van die 56 amptelik erkende etniese groepe ("nasionaliteite") en word "Zang" (Chinees: 藏族; pinyin: Zàngzú) genoem. Hulle leef veral in die Suidwes-Chinese outonome gewes van Tibet noord van die Himalaja.
Wêreldwyd leef omtrent 7,8 miljoen Tibettane, waarvan sowat 7,5 miljoen in Tibet en 190 000 in Indië. Die Tibettaanse diaspora het veral as gevolg van die Tibettaanse opstand van 1959 en die aansluitende anneksasie van Tibet deur China in Indië en Westerse lande soos Australië, Kanada, Switserland, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State gevestig.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Nepal: Information on Tibetans in Nepal" (in Engels). UNHCR. 9 Junie 2003. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2019. Besoek op 5 April 2016.
- ↑ 2,0 2,1 "Tibetan" (in Engels). Minnesota Historical Society. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 November 2019. Besoek op 5 April 2016.
- ↑ (en) "Tibetan refugees arrive in Canada from India as part of federal deal". The Vancouver Sun. 14 Desember 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Januarie 2018. Besoek op 5 April 2016.
- ↑ (en) "Australian Tibetans Vote In Landmark Election For Tibet's New Leader". Australian Tibet Council. 21 Maart 2011. Besoek op 5 April 2016.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tibettane.