Gaan na inhoud

Vakwerkboogbrug

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Vakwerkboogbrug
Viaduc de Garabit, 'n vakwerkboogbrug wat 'n kettinglyn gebruik
Voorganger Vakwerkbrug, boogbrug
Verwante Geen
Uitvloeisels Kompressieboog-hangdekbrug
Dra Voetgangers, voertuie, ligte spoor, spoor
Spanwydte Medium
Materiaal Staal
Beweegbaar Nee
Ontwerpsintensiteit Medium
Stutwerk benodig Soms, maar lang spanne benodig dikwels tydelike kantelbalke

'n Vakwerkboogbrug kombineer elemente van vakwerk en boë. Die werklike spanning-verspreiding sal van die ontwerp afhang. As geen horisontale drukkragte gegenereer word nie, word dit 'n gevormde vakwerk, essensieel 'n gebuigde balk - vergelyk byvoorbeeld 'n maanbrug. As horisontale drukkrag genereer word, terwyl die toppunt van die boog 'n penlas is, is dit struktureel 'n A-raam wat uit twee gebuigde dele bestaan - vergelyk byvoorbeeld die Iron Bridge. As spannings in die boog langs die pad van die boog loop is dit 'n ware boog of vakwerkboog.

In die Iron Bridge (ysterbrug) wat onder vertoon word, vorm die stuktuur van elke raam die soort struktuur wat vantevore van hout gemaak is. Sulke houtstrukture gebruik balke wat naby mekaar vasgepen is sodat die lede binne die rame nie vry is om relatief tot mekaar te beweeg nie aangesien hulle in 'n pengeskakelde vakwerkstruktuur vervat is wat rotasie by die penlas toelaat. Sulke stywe strukture (wat buigkragte op die elemente daarvan afdwing) is in die 20ste eeu verder ontwikkel as die Vierendeelvakwerk.

Die staal Stoney Creekbrug dra die Kanadese Stille Oseaan-spoorlyn
Die Iron Bridge, 'n A-raamboogtipebrug en die eerste metaalbrug (Coalbrookdale, Engeland).

'n Paar brûe van die tipe

[wysig | wysig bron]
  • Navajobrug (1929), en die nuwer (1995) brug, van dieselde algemene konstruksie. Altwee is gebou as selfsteunde kantelbalke wat deur 'n sentrale pen verbind word.
  • Die Iron Bridge (1791), die eerste metaalbrug – dit bestaan steeds.