Vier Edel Waarhede
Vier Edel Waarhede | ||
Die Boeddha leer sy volgelinge die Vier Edel Waarhede (Sanskrit-manuskrip, Bihar, Indië). | ||
Vertalings | ||
Sanskrit | चत्वारि आर्यसत्यानि (catvāri āryasatyāni) | |
Pali | cattāri ariyasaccāni | |
Bengaals | চতুরার্য সত্য (chôturarjô sôtyô) | |
Singalees | චතුරාර්ය සත්ය | |
Tibettaans | འཕགས་པའི་བདེན་པ་བཞི་ ('phags pa'i bden pa) | |
Thai | อริยสัจสี่ | |
Viëtnamees | Tứ Diệu Đế | |
Vereenvoudigde Sjinees | 四圣谛 | |
Pinyin | sìshèngdì | |
Japannees | 四諦 (sjitai) | |
Koreaans | 사성제 (sa-seong-je) |
Boeddhisme |
---|
Stigter |
Siddhartha Gautama |
Volgelinge |
488–535 miljoen |
Geskiedenis |
Geskiedenis van Boeddhisme • Kloosterlewe |
Belangrike begrippe |
Afhanklike ontstaan • Dharma • Drie Juwele • Drie kenmerke van die bestaan • Dukkha • Edel Agtvoudige Pad • Karma • Nirwana • Samsara • Verligting • Vier Edel Waarhede |
Strominge |
Mahayana • Suiwer Land • Theravada • Tibettaanse Boeddhisme • Vajrayana • Zen |
Geskrifte |
Boeddhavamsa • Pali-kanon • Lotussoetra |
Die Vier Edel Waarhede is die waarhede van die edeles wat sentraal tot die leerstellings van Boeddhisme is: hierdie wêreldse bestaan is basies onbevredigend, maar daar is ’n pad na bevryding van die siklus van geboorte en die dood.
In die soetras het die vier waarhede beide ’n simboliese as ’n aanloklike funksie. Hulle verteenwoordig die ontwaking en bevryding van die Boeddha, maar ook die moontlikheid van bevryding vir alle mense omdat dit beskryf hoe verlossing van lyding behaal kan word.
Baie Boeddhistiese onderwysers hou dié waarhede voor as die essensie van Boeddhistiese leringe, maar hul belangrikheid het mettertyd ontwikkel en ander, ouer leringe vervang oor prajna (wysheid) of bevrydende insig.[1][2]
Die vier waarhede
[wysig | wysig bron]Die waarhede is soos volg:
- Die waarheid van dukkha, of die aard daarvan
- Die waarheid van die oorsprong van dukkha
- Die waarheid van die beëindiging van dukkha
- Die waarheid van die weg wat lei tot die beëindiging van dukkha
Dukkha word gewoonlik vertaal as lyding, angstigheid, onvoldoendheid ens. en het drie aspekte:
- Die ooglopende lyding van fisieke of geestelike siektes, veroudering en afsterwing
- Die angstigheid of stres van vashou aan dinge wat voortdurend verander
- ’n Subtiele ontevredenheid wat alle lewensvorme ervaar weens die feit dat alle lewensvorme verander, en deeltyds en sonder kern of inhoud is. Op dié vlak dui die term op ’n gebrek aan tevredenheid, ’n gevoel dat dinge nooit aan ons verwagtings of standaarde voldoen nie.
Die oorsprong van dukkha kan bekend wees. Dit word gewoonlik verduidelik as begeertes (Pali: tanha, "dors"), bepaal deur onkunde (Pali: avidya). Op ’n dieper vlak word die grondoorsaak van dukkha beskou as onkunde oor die ware aard van sake.
Daar is egter ’n manier om dukkha te beëindig. Dit kan onder meer behaal word deur die Edel Agtvoudige Pad.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Bronkhorst 1993, p. 99-100, 102-111.
- ↑ Anderson 1999.
Bronne
[wysig | wysig bron]- Bronkhorst, Johannes (1993), The Two Traditions Of Meditation In Ancient India, Motilal Banarsidass Publ.
- Anderson, Carol (1999), Pain and Its Ending: The Four Noble Truths in the Theravada Buddhist Canon, Routledge
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- The Four Noble Truths - Ajahn Chah
- The Buddha's Ancient Path - Piyadassi Thera
- Four Noble Truths - Dalai Lama (’n kort oorsig)
- Four Noble Truths Geargiveer 19 September 2015 op Wayback Machine - Thrangu Rinpoche (’n kort oorsig)
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia