Vlag van Burundi
Gebruik | Nasionale vlag |
---|---|
Verhouding | 3:5 |
Goedgekeur | 28 Maart 1967 |
Ontwerp | ’n Wit Sint Andrieskruis verdeel die vlag in ’n rooi driehoek bo en onder en ’n groen driehoek aan die vlagpaalkant en die wapperkant. In die middel is ’n wit skyf met drie sterre. |
Die nasionale vlag van Burundi is op 28 Maart 1967 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n Sint Andrieskruis wat die vlag verdeel in vier driehoeke met bo en onder in rooi en links en regs (vlagpaalkant en wapperkant) in groen; in die middel van die vlag is ’n wit skyf met drie sespuntige rooi sterre met groen fraaiings.
Simboliek
[wysig | wysig bron]Die groen simboliseer hoop, die wit simboliseer reinheid en die rooi simboliseer die bloed wat gevloei het in die stryd om onafhanklikheid. Die drie sterre in die skyf stel die drie vernaamste etniese groepe van Burundi voor: die Hutu, die Twa en die Tutsi. Die drie sterre staan ook vir die drie elemente in die nasionale leuse: eenheid, werk en vooruitgang.[1]
Ontwerp
[wysig | wysig bron]Tot 27 September 1982 was die verhouding van die vlag 2:3 deur amptelike regulasies.
Ander vlae
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van Burundi. |
- (en) Burundi by Flags of the World
- (en) "Flag of Burundi". Encyclopædia Britannica. Besoek op 14 Mei 2019.