Gaan na inhoud

Voet (lengtemaat)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Bepaling van die gemiddelde lengte van 'n voet in 'n Duitse stad in die 15de of 16de eeu.

'n Voet (afgekort vt.) is 'n ou nie-SI maateenheid vir lengte.

In vroeër jare was die Kaapse voet vir landmeting in verskeie gebiede van Suid Afrika gebruik.

Internationale voet

[wysig | wysig bron]
  • 1 Kaapse voet = 12 Kaapse duim = 1,033 Engelse voet = 314,858 millimeter.

Oorspronklik verwys 'n voet na die gemiddelde lengte van 'n menslike voet. Die maat verskil van streek tot streek en raak in die loop van de 19de eeu (as gevolg van die invoering van die metrieke stelsel) in onbruik. In Engeland (en sommige Engelssprekende lande) word die maat nog gebruik, maar verwys meestal na 'n Engelse voet.

Vierkante voet

[wysig | wysig bron]

Een vierkante voet (Engels: square foot) is die kwadraat van die lengtemaat: 0,3048 m × 0,3048 m, dus ongeveer 0,0929 m2 groot. In een vierkante meter is daar 10,764 vt2.

Kubieke voet

[wysig | wysig bron]

Een kubieke voet (Engels: cubic foot) is die lengtemaat tot die derde mag: ongeveer 0,0283 m3. In 1 m3 is daar ongeveer 35,315 vt3.

Nederlandse voet

[wysig | wysig bron]

Voordat die metrieses sisteem in Nederland ingevoer was, het baie van die Nederlandse stede ook gebruik gemaak van die voet. Elke stad het sy eie voet gehad. Sommige van die voete volg hieronder:[1]

  • Die Amsterdamse voet (= 11 Amsterdamse duime) was 28,3133 cm
  • Die Blooise voet was 30.1 cm
  • Die 's-Hertogenbossche voet was 28,7 cm
  • Honsbossche en Rijpse voet was 28,5 cm
  • Die Schouwse voet was 31,1 cm
  • Die Geldersche voet was 29,2 cm

Kaapse (Rynlandse) voet

[wysig | wysig bron]
Louis Thibault deur lady Anne Barnard, Kaapse Argief

Die Kaapse voet is na Suid-Afrika ingevoer tydens die VOC-dae. Dit was oorspronklik gelyk aan een Rynlandse voet. Die Rynlandse voet bevat 12 Rynlandse duim, die duim bevat 12 lyne en die lyn bevat 12 punte. Die Rynlandse roede bevat 12 Rynlandse voet.[1]

In 1800 is Louis Thibault, 'n voormalige beampte van die VOC, as Kaapse militêre argitek onder die Britse weermag benoem. Daar was geen amptelike maatstok in die Kaap nie en die maatstok van Louis Thibault was gebruik as maatstok vir landmetingswerk in die Kaap. In 1844 is die maatstok van Thibault met die Engelse mate vergelyk en in 1859 is verklaar die Kaapse voet is presies 1,033 Engelse voet.[2] Die Kaapse voet bly as die amptelike eenheid van landmeting in die Kaapkolonie/Kaapprovinsie, in die Oranje-Vrystaat en in die Zuid-Afrikaansche Republiek/Transvaal totdat dit in tweede helfte van die twintigste eeu deur die meter vervang is.

Die onderhoud tussen die Rijnlandse voet en die meter is in albei Duitsland en in Nederland bereken. Volgens Den Gelder, bereken Eytelwein dat die Rynlandse voet gelyk is aan 0,313853543 meter is, maar volgens den Gelder is 'n waarde van 0,3139465 meter in Nederland gebruik. Die verskil tussen die twee is ongeveer 0,045%. Die gemiddelde waarde is ongeveer 1,0266 Engelse voet, sowat 0,3% kleiner as Thibault se waarde. Nietemin is die waarde van 1,033 Englese voet (0.3148584 meter) die wetlikke waarde in Suid Afrika.[1]

Die Kaapse roed bevat 12 Kaapse voet en die Kaapse vierkant roed bevat 144 vierkant Kaapse voete. Die Kaapse morgen bevat 600 vierkant roede en dus 86400 vierkant Kaapse voete.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 (nl) Jacob de Gelder (1824). Allereerste Gronden der Cijferkunst. 's-Gravenhage (Den Haag) en Amsterdam: de Gebroeders van Cleef. pp. 38, 163–176. Besoek op 2 Maart 2011.
  2. (en) Tomasz Zakiewicz (16-21 April 2005). "The Cape Geodetic Standards and Their Impact on Africa" in FIG Working Week 2005 and GSDI-8: From Pharaohs to Geoinformatics.. Besoek op 4 Junie 2014.