Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/22 Oktober
Voorkoms
22 Oktober: Internasionale Hakkelbewustheidsdag; Feesdag van Sint Pous Johannes Paulus II (Rooms-Katolieke Kerk).
- 1873 – Cetshwayo kaMpande word as die nuwe koning van die Zoeloenasie gekroon.
- 1953 – Laos word van Frankryk onafhanklik.
- 1962 – Die Amerikaanse President John F. Kennedy kondig aan dat Sowjet-kernwapens in Kuba ontdek is en plaas die eilandnasie onder "vlootkwarantyn".
- 1962 – Nelson Mandela pleit onskuldig op aanklagte van "aanhitsing en die onwettige verlaat van die land" aan die begin van sy verhoor in Pretoria, Suid-Afrika.
- 1992 – Toewa, 'n outonome republiek in die Russiese Federasie, kry 'n nuwe grondwet en staan voortaan bekend as Tiwa.