Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/September
Sjabloon:UitgesoekteHerdenkingsSeptember
1 September: Begin van die liturgiese jaar.
- 1905 – Alberta en Saskatchewan word provinsies binne die Kanadese Konfederasie.
- 1914 – Die laaste trekduif sterf in 'n Amerikaanse dieretuin.
- 1939 – Nazi-Duitsland val Pole binne met aanvalle op Wieluń en Westerplatte – die Tweede Wêreldoorlog begin.
- 1969 – In Libië word koning Muhammad Idris I as-Sanusi se bewind omvergewerp in 'n militêre staatsgreep onder Moeammar al-Ghaddafi.
- 1983 – Die handelslugdiens-vliegtuig Korean Air-vlug 7 met 246 passasiers en 23 bemanningslede aan boord word deur Sowjet-vegvliegtuie afgeskiet.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
2 September: Onafhanklikheidsdag in Viëtnam (1945)
- 1752 – Die Verenigde Koninkryk begin die Gregoriaanse kalender gebruik, amper twee eeue ná die meeste ander Wes-Europese lande.
- 1882 – Kimberley maak geskiedenis as die eerste dorp in die Suidelike Halfrond met gloeilamp-straatverligting.
- 1917 – Manfred von Richthofen, alias die Rooi Baron en die suksesvolste vegvlieënier van die Eerste Wêreldoorlog, behaal sy 60ste sukses.
- 1937 – Oorlede: Pierre de Coubertin, grondlegger en jarelange president van die Internasionale Olimpiese Komitee.
- 1945 – Die Tweede Wêreldoorlog kom amptelik tot 'n einde met die ondertekening van die Japannese oorgawedokumente op die dek van die USS Missouri.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
3 September: Onafhanklikheidsdag in Katar (1971)
- 301 – Die stigting van San Marino, een van die kleinste lande in die wêreld en die oudste republiek wat steeds bestaan.
- 1901 – Anglo-Boereoorlog: Die 31-jarige Jan Smuts lei 'n kommando oor die Oranjerivier in 'n aanval op die Brits beheerde Kaapkolonie.
- 1939 – Tweede Wêreldoorlog: Frankryk verklaar oorlog teen Duitsland (weens die Duitse inval van Pole) en die "skemeroorlog" aan die Duits-Franse grens begin.
- 1976 – Die Viking 2-ruimtetuig land op Mars en neem die eerste foto's van die planeet se oppervlak van naby af.
- 1979 – Colin Eglin word deur Frederik van Zyl Slabbert opgevolg as leier van die Progressiewe Federale Party.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 476 – Romulus Augustus, die laaste keiser van die Wes-Romeinse Ryk, word afgesit.
- 1781 – Los Angeles word deur 44 Spaanse setlaars gestig as El Pueblo de Nuestra Señora la Reina de los Ángeles del Río de Porciúncula.
- 1888 – Die uitvinder George Eastman registreer die handelsmerk Kodak.
- 1974 – Die Verenigde State vestig diplomatieke betrekkinge met die Duitse Demokratiese Republiek.
- 2008 – Die laaste uitgawe van die onafhanklike weekblad vir die Weskusstreek, Swartland en Weskus Herald, verskyn op Vredendal.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
5 September: Onderwysersdag in Indië
- 1669 – Turkse magte verower Candia (teenswoordig Iraklion) op Kreta.
- 1793 – Die Terreurbewind begin in Frankryk toe die Franse Nasionale Vergadering stem ten gunste van die inwerkingstelling van terreurmaatreëls om aktiwiteite tydens die Franse Rewolusie te onderdruk.
- 1905 – Die Russies-Japannese Oorlog word beëindig met die ondertekening van die Verdrag van Portsmouth deur Japan en Rusland.
- 1972 – Münchenslagting: 'n Palestynse terroristegroep genaamd Swart September val Israeliese atlete by die Olimpiese Spele in München aan.
- 1997 – Moeder Teresa, wenner van die Nobelprys vir Vrede wat haar lewe aan die siekes en armes gewy het, sterf op 87-jarige ouderdom.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
6 September: Onafhanklikheidsdag in Eswatini (1968); Verdedigingsdag in Pakistan (1965).
- 1966 – Suid-Afrika se eerste minister en apartheidsargitek, Hendrik Verwoerd, word in die Parlement deur Demetrios Tsafendas met 'n mes vermoor.
- 1968 – Eswatini word as Swaziland van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1972 – Al nege Israeliese atlete wat by die Olimpiese dorp in München ontvoer is, sterf in 'n skietgeveg naby die lughawe.
- 1970 – 382 mense word in Jordanië en Beiroet, Libanon, as gyselaar aangehou nadat vier vliegtuie onderweg na New York deur 'n militante Palestynse groep geskaak is. Een van die vier vliegtuie land veilig op Heathrow, Londen, nadat passasiers en bemanning skakers oorrompel.
- 1989 – Laaste algemene verkiesing in die ou Suid-Afrika. Die Nasionale Party wen 89 setels, die Konserwatiewe Party 39 en die Demokratiese Party 33.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
7 September: Onafhanklikheidsdag in Brasilië (1822)
- 1822 – Brasilië verklaar sy onafhanklikheid van Portugal.
- 1940 – Die Blitz begin toe Nazi-Duitsland bomme op Londen laat val in die eerste van 57 opeenvolgende nagte van bombardering.
- 1977 – Verdrae tussen Panama en die VSA oor die status van die Panama-kanaal word geteken. Die VSA stem toe om beheer oor die kanaal teen die einde van die 20ste eeu aan Panama oor te dra.
- 1986 – Desmond Tutu word die eerste swart Aartsbiskop van Kaapstad en leier van die Anglikaanse Kerk in Suid-Afrika.
- 1992 – Op die grens van die tuisland Ciskei in Suid-Afrika sterf 24 mense en word 150 beseer toe soldate vyf minute lank blindelings op 'n ANC-betoging van 50 000 mense onder leiding van Cyril Ramaphosa skiet.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
8 September: Mariageboorte (Christendom); Nasionale Dag in Andorra; Onafhanklikheidsdag in Noord-Masedonië (1991); Oorwinningsdag in Malta.
- 701 – Oorlede: pous Sergius I, die 84ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1504 – Dawid, 'n marmerbeeld deur Michelangelo, word in Florence onthul.
- 1760 – In die voorspel tot die Verdrag van Parys, handig Frankryk die Noord-Amerikaanse kolonie Nieu-Frankryk aan die Koninkryk van Groot-Brittanje oor.
- 1901 – Gebore: Hendrik Verwoerd, voormalige Eerste Minister van Suid-Afrika.
- 1978 – Honderde betogers sterf in Teheran op Swart Vrydag tydens die Iranse Rewolusie.
- 1997 – Marthinus van Schalkwyk word leier van die Nuwe Nasionale Party.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
9 September: Nasionale Dag in Noord-Korea (1948), Onafhanklikheidsdag in Tadjikistan (1991)
- 1087 – Oorlede: Willem die Veroweraar, koning van Engeland en Hertog van Normandië.
- 1850 – Kalifornië word die 31ste staat van die VSA.
- 1867 – Die Groothertogdom Luxemburg word onafhanklik.
- 1945 – Die Tweede Chinees-Japannese Oorlog loop ten einde.
- 1985 – Die Amerikaanse president Ronald Reagan stem toe tot beperkte sanksies teen Suid-Afrika.
- 2001 – Achmed Sjah Massoed, leier van die Noordelike Alliansie in Afganistan, sterf in 'n selfmoordaanval.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1939 – Tweede Wêreldoorlog: Ná die Inval van Pole sluit Kanada by die Geallieerdes aan.
- 1974 – Guinee-Bissau, voorheen "Guine Portuguesa", verkry sy onafhanklikheid van Portugal.
- 1983 – Sterf: John Vorster, Eerste Minister van Suid-Afrika van 1966 tot 1978 en nie-uitvoerende president van 1978 tot 1979.
- 1987 – Begin van die Slag van Cuito Cuanavale in Angola, die grootste veldslag in Afrika sedert die Tweede Wêreldoorlog.
- 1988 – Steffi Graf van Duitsland wen die Amerikaanse Ope.
- 1990 – Die Basilica van Ons Dame van Vrede van Yamoussoukro, die grootste kerk in Afrika, word deur Pous Johannes Paulus II ingewy.
- 2005 – Michael E. Brown, Chad Trujillo en David Lincoln Rabinowitz ontdek Disnomia, sover bekend die enigste natuurlike satelliet van die dwergplaneet Eris.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
11 September: Nasionale Dag van Katalonië, Patriotdag in die VSA
- 1922 – Die Britse Mandaat van Palestina begin.
- 1937 – Gebore: Tomas Venclova, Litause digter en skrywer.
- 1950 – Oorlede: Jan Christian Smuts, held van die Tweede Vryheidsoorlog en voormalige eerste minister van Suid-Afrika.
- 1952 – Eritrea verkry sy onafhanklikheid van Britse administrasie.
- 1960 – Die 17de Olimpiese Spele, die laaste Spele waaraan Suid-Afrika sou deelneem tot ná die afskaffing van apartheid, kom tot 'n einde.
- 2001 - Die 11 September 2001 aanvalle: Vier passasiersvliegtuie word geskaak tydens 'n Al-Kaïda-terreuraanval in Amerika - twee vliegtuie vlieg teen die Wêreldhandelssentrum in New York vas, waarna die geboue inmekaar stort, 'n derde vlieg in 'n vleuel van Die Pentagon in Washington, D.C. vas en 'n vierde stort in Pennsilvanië neer. Byna 3 000 mense sterf in die gebeure.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
12 September: Nasionale Dag in die Kaap Verdiese Eilande
- 1848 – Ná 'n burgeroorlog tussen die Switserse Konfederasie en die afgeskeide "Sonderbund"-bergkantons kom die moderne Switserland tot stand as 'n bondstaat deur die aanvaarding van 'n federale grondwet.
- 1913 – Gebore: Jesse Owens, Amerikaanse atleet.
- 1974 – Haile Selassie, laaste keiser van Ethiopië, word deur 'n militêre staatsgreep onttroon.
- 1977 – Steve Biko, Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis en stigter van die Swartbewussynsbeweging, sterf in polisie-aanhouding in Pretoria.
- 1990 – Met die ondertekening van die "Twee-Plus-Vier-Verdrag" in Moskou word die weg gebaan vir die Duitse hereniging.
- 2003 – Oorlede: Johnny Cash (71), Amerikaanse country-sanger.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 533 – Generaal Belisarius se legioene verslaan Gelimer en die Vandale by die Slag van Ad Decimum, waarmee die "herowering van die Weste" onder die Bisantynse keiser Justinianus I begin.
- 1394 – Jode word uit Frankryk verdryf op bevel van Karel VI.
- 1922 – Die hoogste temperatuur gemeet: 58°C (in al-Aziziyal, Libië).
- 1979 – Venda word die derde van vier Suid-Afrikaanse tuislande om onder die apartheidsbeleid "onafhanklikheid" te verkry. Die onafhanklikheid word nêrens behalwe in Suid-Afrika en die ander "onafhanklike" tuislande erken nie.
- 1993 – Ná maandelange geheime onderhandelinge in Noorweë word die Oslo-vredesverdrag in Washington, D.C. deur die Palestynse Bevrydingsorganisasie en Israel onderteken.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1752 – Die Britse Ryk neem die Gregoriaanse kalender aan en slaan elf dae oor (2 September is in dié jaar direk gevolg deur 14 September).
- 1901 – Theodore Roosevelt word president van die Verenigde State van Amerika ná die sluipmoord op William McKinley.
- 1959 – 'n Nuwe era van navorsing oor die maan en sy oppervlak begin ná die beplande neerstorting van die Sowjet-ruimtetuig Lunik-2 naby die Autolycus-krater.
- 1982 – Prinses Grace van Monaco sterf aan haar beserings ná 'n motorongeluk.
- 1989 – FW de Klerk volg PW Botha op as Staatspresident van Suid-Afrika.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
15 September: Onafhanklikheidsdag in Costa Rica, El Salvador, Guatemala, Honduras en Nicaragua (1821); Slag om Brittanje-dag in die Verenigde Koninkryk (1940).
- 1835 – Charles Darwin bereik die Galápagos-eilande, waar hy begin om sy teorieë oor evolusie te ontwikkel.
- 1879 – Anglo-Zoeloe-oorlog: Die Zoeloekoning Cetshwayo kaMpande word as krygsgevangene na Kaapstad gestuur waar hy in die Kasteel die Goeie Hoop gevange gehou word.
- 1914 – Die Boeregeneraal Koos de la Rey sterf nadat hy deur 'n opslagkoeël getref word.
- 1916 – Eerste Wêreldoorlog: Tenks word vir die eerste keer gebruik tydens die Slag van die Somme deur die Verenigde Koninkryk.
- 1939 – Tweede Wêreldoorlog: Duitse troepe beset die Poolse dorp Końskowola.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
16 September: Onafhanklikheidsdag in Meksiko (1810) en Papoea-Nieu-Guinee (1975); Maleisië-dag (1963).
- 1810 – Meksiko verklaar sy onafhanklikheid van Spanje, wat lei tot die Onafhanklikheidsoorlog.
- 1861 – Die Roman Rock-vuurtoring in Valsbaai word in gebruik geneem.
- 1939 – Gebore: Breyten Breytenbach, Suid-Afrikaanse skrywer en skilder.
- 1963 – Malaja, Noord-Borneo, Sarawak en Singapoer smelt saam om Maleisië te vorm.
- 1977 – Oorlede: Maria Callas, Amerikaanse operasangeres.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
17 September: Grondwetdag in die Verenigde State (1787).
- 1598 – 'n Onbewoonde eiland in die Indiese Oseaan verkry die naam Mauritius, ter ere van die Nederlandse prins Maurits van Nassau.
- 1787 – Die teks van die Grondwet van die Verenigde State word in Philadelphia gefinaliseer.
- 1789 – William Herschel ontdek Mimas, die sewende grootste natuurlike satelliet van die planeet Saturnus.
- 1916 – Eerste Wêreldoorlog: Die Rooi Baron, 'n bobaasvlieënier van die Duitse lugmag, wen sy eerste luggeveg naby Cambrai, Frankryk.
- 1929 – Gebore: Stirling Moss, Britse motorrenjaer.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1180 – Filips II Augustus word koning van Frankryk.
- 1502 – Christophorus Columbus sit voet aan wal by Costa Rica tydens sy vierde, en laaste, ontdekkingsreis.
- 1961 – Die Konfederasie vir Noord-, Sentraal-Amerikaanse en Karibbiese Sokker word in Meksikostad deur lidlande van die NAFC en die CCCF gestig.
- 1973 – Geboortedag van die Suid-Afrikaanse sake-entrepreneur en ruimtetoeris Mark Shuttleworth.
- 1990 – Winnie Madikizela-Mandela word aangekla weens aanranding en menseroof in die ontvoering van en moord op die 14-jarige aktivis Stompie Moeketsi.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1737 – Daniël van den Henghel begin sy termyn as waarnemende goewerneur van die Kaapkolonie ná die dood van goewerneur Adriaan van Kervel.
- 1911 – Geboortedag van die Britse skrywer en digter William Golding.
- 1933 – Geboortedag van die Afrikaanse skryfster en digteres Ingrid Jonker naby Kimberley.
- 1983 – St. Kitts en Nevis word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 2002 – Rebelle neem beheer oor van die noorde van die Ivoorkus. Die voormalige president Guéi en 15 ander word in sy huis in Abidjan vermoor.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1562 – Die Verdrag van Hampton Court word onderteken, waarvolgens Engeland troepe na Rouen (die historiese hoofstad van Normandië), Frankryk, sou stuur om aan die Protestante hulp te verleen.
- 1778 – Geboortedag van Fabian Gottlieb von Bellingshausen in Saaremaa (Ösel) in Estland. As bevelvoerder van die tweede Russiese vaart om die wêreld word hy een van die drie mense wat Antarktika vir die eerste keer waarneem.
- 1839 – Die eerste Nederlandse spoorlyn tussen Haarlem en Amsterdam word amptelik geopen.
- 1932 – Vier maande ná die voltooiing van die Afsluitdyk in Nederland word die naam van die Suidersee amptelik verander na die IJsselmeer.
- 2006 – Tydens die Cassini-Huygens-missie word 'n voorheen onontdekte ring buite Saturnus se helder hoofringe en binne die G- en E-ring ontdek.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
21 September: Internasionale Vredesdag.
- 687 – Pous Konon, die 83ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk, se pontifikaat eindig met sy afsterwe.
- 1792 – Franse Rewolusie: Die Nasionale Konvensie stem om die monargie af te skaf en die Franse Eerste Republiek word uitgeroep.
- 1937 – J.R.R. Tolkien se The Hobbit word gepubliseer.
- 1947 – Gebore: Stephen King, Amerikaanse skrywer.
- 1949 – Kommuniste roep die Volksrepubliek China uit.
- 1991 – Met die ontbinding van die Sowjetunie word Jerewan die hoofstad van die Republiek Armenië
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
22 September: Onafhanklikheidsdag in Mali (1960); Baltiese Eenheidsdag in Letland en Litaue.
- 1862 – Die Amerikaanse president Abraham Lincoln reik die Bevrydingsverklaring uit waarin onderneem word om alle slawe in die deelstate teen 1 Januarie 1863 af te skaf.
- 1921 – Estland, Letland en Litaue word lede van die Volkebond.
- 1960 – Frans-Soedan verkry sy onafhanklikheid van Frankryk as die Republiek Mali.
- 1998 – Militêre magte van Suid-Afrika en Botswana ruk op na die koninklike paleis in Maseru, Lesotho.
- 2006 – 23 mense sterf en 10 word ernstig beseer in 'n magneetsweeftreinongeluk naby Lathen in die Emsland.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1846 – Die reuseplaneet Neptunus word deur Urbain Le Verrier, Johann Gottfried Galle en John Couch Adams ontdek.
- 1854 – Geboortedag van Cornelis Lely, Nederlandse ingenieur en ontwerper van die Afsluitdyk.
- 1939 – Geboortedag van die Oostenrykse sielkundige Sigmund Freud.
- 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Amerikaanse lugaanvalle verwoes die sentrale deel van die stad Nantes, Frankryk, en naastenby 1 500 inwoners sterf.
- 1983 – Gerrie Coetzee van Suid-Afrika word die wêreldswaargewigbokskampioen, die eerste bokser uit Afrika.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
24 September: Erfenisdag in Suid-Afrika (1995).
- 366 – Afsterwe van pous Liberius, die 36ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk en die eerste een wat nie heilig verklaar is nie.
- 1678 – Brandenburg verower die Rügen-eiland van Swede.
- 1973 – Die Afrika-land Guinee-Bissau verklaar sy onafhanklikheid van Portugal.
- 1976 – Rhodesië se eerste minister, Ian Smith, kondig aan dat 'n swart meerderheidsregering binne twee jaar ingestel sou word, vyf dae ná voorstelle van van 'n diplomatieke afvaardiging onder leiding van die VSA.
- 1995 – In Suid-Afrika word Erfenisdag vir die eerste keer gevier.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1066 – Harold II van Engeland verslaan Harald III van Noorweë in die Slag van Stamford Bridge. Dit bring 'n einde aan die Wikings-invalle in Groot-Brittanje.
- 1513 – Die conquistador Vasco Núñez de Balboa word die eerste Europeër wat die Stille Oseaan sien en noem dit Mar del Sur ("Suidsee").
- 1906 – Geboortedag van die Russiese komponis Dmitri Sjostakowitsj.
- 1962 – Die Demokratiese Volksrepubliek Algerië word amptelik uitgeroep.
- 1972 – Die bevolking van Noorweë stem teen lidmaatskap van die Europese Ekonomiese Gemeenskap.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1901 – Tweede Vryheidsoorlog: Generaal Louis Botha val Fort Itala en Fort Prospect aan.
- 1905 – Albert Einstein publiseer sy Spesiale relatiwiteitsteorie in die tydskrif Annalen der Physik.
- 1936 – Gebore: Winnie Madikizela-Mandela, anti-apartheidsaktivis en gewese vrou van Nelson Mandela.
- 1992 – President FW de Klerk en die ANC-leier Nelson Mandela bereik 'n ooreenkoms oor 'n proses om 'n meerderheidsregering in Suid-Afrika te vestig.
- 2006 – Nasa se Opportunity-verkenningstuig bereik die Victoria-krater op Mars.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
27 September: Meskel in Ethiopië en Eritrea
- 1666 – Cornelis van Quaelberg volg Zacharias Wagenaer op as die derde kommandeur van die Kaap die Goeie Hoop.
- 1862 – Geboortedag van generaal Louis Botha, voormalige eerste minister van die Unie van Suid-Afrika.
- 1905 – Albert Einstein publiseer 'n artikel oor die verhouding tussen massa en energie, wat aangedui word deur die vergelyking E=mc2.
- 1988 – Onder leiding van Aung San Suu Kyi word die National League for Democracy in Birma gestig.
- 1992 – In reaksie op die aankondiging van 'n ooreenkoms tussen president FW de Klerk en Nelson Mandela, kondig Mangosuthu Buthelezi, leier van die Inkatha-Vryheidsparty, aan dat sy party die grondwetsamesperkings in Suid-Afrika sou boikot.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1066 – Die Normandiese hertog Willem die Veroweraar sit met sy leër naby Hastings, Engeland, voet aan wal en verslaan Harold Godwinson, die laaste Angel-Saksiese koning van Engeland, op 14 Oktober.
- 1917 – Thailand se huidige nasionale vlag word in gebruik geneem.
- 1924 – Twee vliegtuie van die Amerikaanse Gewapende Magte land in Seattle en voltooi in 175 dae wat beskou sou word as die eerste vlug om die wêreld.
- 1934 – Geboortedag van die Franse aktrise en sangeres Brigitte Bardot in Parys.
- 1994 – Die MS Estonia, 'n veerboot wat pendelaars tussen Tallinn in Estland en Stockholm in Swede vervoer, sink. Altesaam 852 mense verdrink of vries dood in die koue water in een van die ergste seeongelukke in die Oossee.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 61 v.C. – In Rome vier Pompeius die Grote sy oorwinning oor Mediterreense seerowers en in die oorlog teen koning Mithridates VI van Pontus in Klein-Asië, asook sy 45ste verjaardag.
- 1914 – Gebore: D.J. Opperman, bekende Afrikaanse digter, in Dundee, Noord-Natal.
- 1951 – Gebore: Michelle Bachelet, die eerste vrouepresident van Chili, in Santiago.
- 1954 – 12 Europese lande stig die Europese Organisasie vir Kernnavorsing, bekend as CERN.
- 1969 – Tulbagh, 'n dorp in die provinsie Wes-Kaap, Suid-Afrika, word verwoes in 'n aardbewing wat nege lewens eis.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
30 September: Onafhanklikheidsdag in Botswana (1966).
- 1885 – Die Republiek van Goosen word afgeskaf en heringelyf in Brits-Betsjoeanaland.
- 1955 – Die Amerikaanse akteur James Dean ly noodlottige beserings tydens 'n motorongeluk.
- 1966 – Botswana word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1980 – Ethernet-spesifikasies word gepubliseer deur Xerox in samewerking met Intel en Digital Equipment Corporation.
- 1989 – Die federasie Senegambië word deur Senegal ontbind toe Gambië weier om nader aan 'n unie te beweeg.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis