Gaan na inhoud

Burgersdorp

Koördinate: 30°59′32″S 26°19′29″O / 30.99222°S 26.32472°O / -30.99222; 26.32472
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die Oos-Kaapse dorp. Vir die dorp in Limpopo naby Tzaneen, sien Burgersdorp, Limpopo.
Burgersdorp
Uitsig oor Burgersdorp
Uitsig oor Burgersdorp
Burgersdorp is in Oos-Kaap
Burgersdorp
Burgersdorp
 Burgersdorp se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 30°59′32″S 26°19′29″O / 30.99222°S 26.32472°O / -30.99222; 26.32472
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieOos-Kaap
DistrikJoe Gqabi
MunisipaliteitWalter Sisulu
Stigting1846
Regering
 • TipeDeel van 'n Plaaslike Munisipaliteit
Oppervlak
 • Totaal30,9 km2 (11,9 vk. myl)
Hoogte
1 405 m (4 610 ft)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal15 991
 • Digtheid518/km2 (1 340/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense9.4%
 • Indiërs/Asiërs0.3%
 • Bruin mense12.0%
 • Swart mense78.1%
 • Ander2.8%
Taal (2011)
 • Xhosa 71.6%
 • Afrikaans 20.8%
 • Sotho 3.4%
 • Engels 1.4%
 • Ander 2.8%
Poskode (strate)
9744
Poskode (posbusse)
9744
Skakelkode051-653-

Burgersdorp (vroeër Burghersdorp gespel) is 'n dorp in die Oos-Kaapse Middellande van groot geskiedkundige belang en vandag een van die mees vooruitstrewende dorpe in die Noordoos-Kaap en een van die min plattelandse dorpe wat in stand gehou word.[2]

Ontstaan

[wysig | wysig bron]
Die kerkgebou van die NG gemeente Burgersdorp beklee 'n ruim perseel in die middedorp.

Die dorp is aan die Stormbergspruit geleë, 359 km noordwes van Oos-Londen. Dit is oorspronklik op die plaas Klipfontein, wat op 27 Desember 1847 deur ene Gert Buytendach gekoop is, aangelê [3]. Dit is so genoem ter ere van burgers wat diens gedoen het tydens die Sewende Grensoorlog van 1846 tot 1847, of moontlik omdat die burgers dit op hulself geneem het om die dorpie tot stand te bring en nie op die kerk of staat gewag het nie.

In 1869 is 'n Teologiese Seminarium hier tot stand gebring deur die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika met prof. Dirk Postma as die eerste rektor. Hy was ook die eerste leraar van die Gereformeerde kerk Burgersdorp, wat op 21 Januarie 1860 in die pakhuis van 'n winkel gestig is omdat daar groot teenkanting was teen die skeuring in die Kaapse Kerk. Dié teologiese skool het in 1905 na Potchefstroom verskuif, en daaruit het die Potchefstroomse Universiteitskollege in 1919 ontstaan en eindelik in 1951 (as die PUK) die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO). Vanweë die dorp se belangrikheid in die vroeë stryd om die erkenning van die Nederlandse taal, is hier 'n Taalmonument in 1893 opgerig. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog was daar heelwat gevegte in die omgewing. Hier is 'n goed bewaarde blokhuis, wat bekendstaan as die Brandwag, wat in die oorlog deur die Britte gebou is. Nog 'n gedenkwaardigheid is die ou tronk. Die teologiese skool is gerestoureer en tot gedenkwaardigheid verklaar.

Vandag is Burgersdorp die administratiewe en handelsentrum van 'n distrik waar met wol en vee geboer word. Dit is ook een van die grootste spoorwegaansluitings tussen Oos-Londen en Bloemfontein. Burgersdorp het 'n goed-funksionerende provinsiale hospitaal.[4]

Landskap en klimaat

[wysig | wysig bron]

Die landskap rondom Burgersdorp is plat na die weste, maar na die ooste en suide is heuwels opvallend algemeen.[5] Burgersdorp is in 'n vallei geleë. Minder as 2 mense per vierkante kilometer bewoon die landelike omgewing, meestal plase, rondom Burgersdorp.[6] Daar is geen ander dorpe daar naby nie.[7]

Burgersdorp se klimaat is koel.[8] Die gemiddelde temperatuur is 18 °C. Die warmste maand is Desember met 26 °C, en die koudste Junie, teen 7 °C.[9] Die gemiddelde reënval is 604 millimeter per jaar. Die natste maand was Februarie, met 109 millimeter reën, en die droogste September, op 11 millimeter.[10]

Ontspanning

[wysig | wysig bron]

Burgersdorp is wyd bekend vir sy uitstekende sportgeriewe met onder meer Shortenpark waar tennis, rolbal, jukskei, atletiek, krieket en swem beoefen kan word. Daar is ook 'n pretpark. Die Danie Craven-stadion met een van die beste rugbyvelde in die land bied sitplek aan 6 000 toeskouers. Die nege-putjie-gholfbaan het van die beste grassetperke in dié deel van die land.

Noemenswaardige boorlinge

[wysig | wysig bron]

Doppers

[wysig | wysig bron]

Ander

[wysig | wysig bron]

Foto's

[wysig | wysig bron]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Som van die hoofplekke Burgersdorp, Mzamomhle en Tembisa tydens Sensus 2011.
  2. Burgersdorp is 'n pêrel in bitter tye deur Annelie Botes[dooie skakel] Volksblad, 26 Maart 2012
  3. Raper, P.E. (1987). "Dictionary of Southern African Place Names" (in (en) ). Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing. p. 100. Besoek op 4 Desember 2013.{{cite web}}: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)
  4. (en) Oos-Kaapse Departement van Gesondheid - Joe Gqabi Distrikshospitale
  5. Viewfinder Panoramas Digital elevation Model, 10 Junie 2015.
  6. "NASA Earth Observations: Population Density" (in Engels). NASA/SEDAC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2019. Besoek op 30 Januarie 2016.
  7. "NASA Earth Observations: Land Cover Classification" (in Engels). NASA/MODIS. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 30 Januarie 2016.
  8. Peel, M C; Finlayson, B.L. "Updated world map of the Köppen-Geiger climate classification". Hydrology and Earth System Sciences. 11: 1633–1644. doi:10.5194/hess-11-1633-2007. Besoek op 30 Januarie 2016.
  9. "NASA Earth Observations Data Set Index" (in Engels). NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 30 Januarie 2016.
  10. "NASA Earth Observations: Rainfall (1 month - TRMM)" (in Engels). NASA/Tropical Rainfall Monitoring Mission. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 30 Januarie 2016.
  11. Former England flanker Fourie is being deported after suffering career-ending injury, Daily Mail
  12. (en) Inskrywing by Artefacts.co.za oor die kerk.

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • Rosenthal, Eric, Encyclopaedia of Southern Africa, Juta and Company Limited, Kaapstad en Johannesburg, 1978.
  • Kelly, Maureen, Amptelike Suid-Afrikaanse Munisipale Jaarboek, HELM Publikasies, Johannesburg, 1986.
  • Du Toit, prof. dr. S. du Toit. Handleiding vir die studie van die kerkgeskiedenis. Potchefstroom: Pro Rege-Pers Beperk, 1955.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]