Ermelo, Mpumalanga
Ermelo | |
---|---|
Ermelo se spoorwegstasie | |
Koördinate: 26°32′S 29°59′O / 26.533°S 29.983°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Mpumalanga |
Distrik | Gert Sibande |
Munisipaliteit | Msukaligwa |
Stigting | 1880 |
Oppervlak | |
• Totaal | 47,46 km2 (18,32 vk. myl) |
Hoogte | 1 700 m (5 600 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 83 865 |
• Digtheid | 1 767/km2 (4 580/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 14.5% |
• Indiërs/Asiërs | 1.8% |
• Bruin mense | 0.7% |
• Swart mense | 82.6% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Zoeloe | 70.8% |
• Afrikaans | 14.3% |
• Engels | 4.8% |
• Swazi | 4.1% |
• Ander | 6.0% |
Poskode (strate) | 2351 |
Poskode (posbusse) | 2350 |
Skakelkode | 017 |
Ermelo is 'n dorp in die provinsie Mpumalanga, Suid-Afrika.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]In 1871 is 'n gemeente van die NG Kerk op die oostelike hoëveld gestig. Die gemeente het 3 001 morg van die plaas Nooitgedacht aangekoop en die dorp Ermelo is daarop uitgelê. Op 12 Februarie 1880 is Ermelo tot landdrosdistrik verklaar. Die dorp is deur ds. Frans Lion Cachet genoem na sy tuisdorp in Nederland. Die eerste erwe is in Augustus 1889 uitgelê en verkoop en in Januarie 1884 is die eerste handelslisensies uitgereik. Die poskantoor is in 1880 geopen en 'n jaar later is die telegraaflyn in werking gestel, wat Ermelo met die buitewêreld verbind het. Ermelo het tot in 1895 aan die gemeente behoort waarna dit deur die regering oorgeneem is. In die Tweede Vryheidsoorlog (1899–1902) is die jong dorpie wat toe uit sowat honderd huisgesinne bestaan het, met die uitsondering van die kerk en een woonhuis, volkome deur 'n brand in puin gelê. Hierdie woning is geleë te De Jagerstraat 72 en 'n gedenkplaat is in die eeufeesvieringe op die huis se stoep aangebring. Ná die oorlog het Ermelo stadig weer uit die as opgestaan, vandaar die feniks op die dorpswapen.
Distrik
[wysig | wysig bron]Landbou is die belangrikste ekonomiese bedrywigheid in die distrik Ermelo wat tans 7 750 km² beslaan, 'n gebied wat as een van die rykste landboudistrikte in die land bekend staan. Ermelo het geleidelik tot een van Suid-Afrika se belangrikste wolproduserende distrikte gegroei. Die grasveld-merino wat goed op die hoëveld aangepas het, is in die gebied tot die bekende wolskaap ontwikkel. Vanweë sy hoë en gereelde reënval is Ermelo ook 'n bekende akkerboudistrik. Mielies is egter steeds die belangrikste gewas wat verbou word, veral omdat dit so goed inpas by die veeboerdery. Sonneblomsaad, koring en aartappels word ook op groot skaal aangeplant. Met die klem wat op landbou geplaas word, is die meeste maatskappye op die dorp regstreeks of onregstreeks verbonde aan dié sektor. Die eerste veilings van lewende hawe is aanvanklik op die dorp se kerkplein gehou, maar later het die munisipaliteit spesiale hokke en geriewe daarvoor opgerig.
Infrastruktuur
[wysig | wysig bron]Ermelo is baie goed met die omgewing en res van Suid-Afrika verbind. Die N2 nasionale pad begin hier terwyl die N11 en N17 nasionale paaie die dorp kruis. Die dorp is ook bekend vir sy steenkoolmyne en Camdenkragstasie. Die Ermelo-Richardsbaai steenkooltrajek begin hier.
Die Paul Krugerbrug is 30 km suidoos van Ermelo op die pad na Amersfoort.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Ermelo". Sensus 2011.