Gaan na inhoud

Ohmmeter

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Analoog ohmmeter

'n Ohmmeter is 'n elektriese instrument wat elektriese weerstand meet (die element van 'n stroombaan of komponent wat die vloei van die elektriese stroom beperk). 'n Multimeter kan ook as 'n ohmmeter gebruik word wanneer dit in weerstandmeet modus gebruik word. 'n Ohmmeter voorsien elektriese stroom aan die stroombaan of komponent wat se weerstand gemeet moet word. Dit meet dan die resulterende spanning en bereken die weerstand met behulp van Ohm se wet .

'n Ohmmeter moet nie gekoppel word aan 'n stroombaan of komponent wat 'n stroom dra of aan 'n kragbron gekoppel is nie. Krag moet ontkoppel word voordat die ohmmeter gekoppel word. Ohmmeters kan óf in serie óf parallel gekoppel word op grond van vereistes (of weerstand wat gemeet word deel van stroombaan is of 'n shuntweerstand is).

Mikro-ohmmeters word gebruik om lae weerstand te meet. Mega-ohmmeters (ook bekend as 'n kommersiële instrument: Megger) meet hoë weerstand bv. die insulasie van kabels of bedekte geleiers. Die eenheid waarin weerstand gemeet word is die ohm (Ω).

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.