Gaan na inhoud

Voltmeter

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Demonstrasie analoog voltmeter

'n Voltmeter is 'n instrument wat gebruik word om 'n elektriese potensiaalverskil oor twee punte te meet in 'n elektriese stroombaan. Dit word in parallel, met die element wat se potensiaalverskil gemeet moet word, gekonnekteer. Dit het gewoonlik 'n hoë weerstand sodat dit so min as moontlik elektriese stroom uit die stroombaan neem.

In 'n analoog voltmeter beweeg 'n merker oor 'n skaal in verhouding met die potensiaalverskil gemeet en dit kan gebou word met 'n galvanometer en 'n serie weerstand. Voltmeters wat versterkers gebruik kan klein potensiaalverskille van mikrovolt of minder meet. Digitale voltmeters gee 'n numeries lesing van die potensiaalverskil deur middel van 'n analoog-na-digitale omsetter.

Daar word 'n wye verskeidenhied voltmeters vervaardig, party benodig eksterne krag bv. batterye en ander trek krag vanaf die element wat gemeet moet word. Voltmeters wat gebruik word om generators en ander vaste apparaat te meet word in 'n paneel gemonteer waar dit permanent bly. Draagbare instrumente, gewoonlik toegerus om ook stroom en weerstand in die vorm van 'n multimeter te meet, is standaard toetsinstrumente wat in elektriese en elektroniese werk gebruik word. Enige meting wat na 'n spanning omgeskakel kan word, kan vertoon word op 'n meter wat toepaslik gekalibreer is; byvoorbeeld druk, temperatuur, vloei of vlak in 'n chemiese prosesaanleg.

Algemene doel analoog voltmeters kan 'n akkuraatheid van 'n paar persent van volle skaal hê en word gebruik met spannings van 'n fraksie van 'n volt tot etlike duisende volts. Digitale meters kan met hoë akkuraatheid gemaak word, gewoonlik beter as 1%. Spesiaal gekalibreerde toetsinstrumente het hoër akkuraatheid, met laboratoriuminstrumente wat tot akkuraatheid van 'n paar dele per miljoen kan meet. Deel van die probleem om 'n akkurate voltmeter te maak, is dié van kalibrasie om die akkuraatheid daarvan te kontroleer. In laboratoriums word die Weston-sel as 'n standaardspanning vir presisiewerk gebruik. Presisiespanningsverwysings is beskikbaar gebaseer op elektroniese stroombane.

Simboliese voorstelling

[wysig | wysig bron]

'n Voltmeter word as volg in sketse aangedui:

Voltmeter simbool

Notas

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.